Deur ALANI JANEKE
11 Junie 2012

2090 keer gelees | 0 kommentaar

Ná die afgelope naweek se bitter koue weer is die kans goed vir nog baie koue weer dié winter, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloog by Santam Landbou.


Van den Berg sê die lae temperature, sneeu en reën wat die afgelope naweek oor die sentrale dele van die land voorgekom het, was vroeër as verwag. “Dié tipe koue weer kom gewoonlik eers laat in Junie en Julie voor.”

“Kouefronte was tot dusver dié winter nog baie skraps, so die kans is baie goed vir nóg baie koue weer voor die einde van die winter,” sê Van den Berg. Hy sê die sneeu en reën wat die naweek geval het, het soos die reënval van die somer, baie plek-plek voorgekom.

Weiding

Intussen sê mnr. André Ferreira, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat (VSRPO), die sneeu het groter kommer oor die gehalte van weiding en diere se kondisie tot gevolg. Hy sê die land se weiding word by die dag minder, en die sneeu in die Vrystaat kan tot gevolg hê dat die weiding wat wel voorkom, in sekere dele verbrokkel.

“Sulke koue pak ook die diere. ’n Dier wat so buite in die koue staan, het meer energie nodig om homself warm te hou en kan tot 10 kg gewig verloor,” verduidelik Ferreira. Gevolglik plaas dit boere onder verdere druk om meer voer aan diere te voorsien sodat hulle energie en kondisie kan behou.

Hy sê die sneeu wat Saterdag (9 Junie 2012) in die Oos-Vrystaat geval het, het nie wyd voorgekom nie en baie daarvan was Sondag reeds gesmelt. Mnr. Dirk Viljoen, voorsitter van die Bethlehem-boerevereniging, sê hoewel sneeu en reën terselfdertyd voorgekom het, het min vog geval. “My reënmeter het slegs 1,5mm water ingehad.”

Gesonde winter
Intussen sê mnr. Barries Snjiman, ’n lid van Sybokhaar Suid-Afrika, bitterlike koue het die naweek ook in die Karoo voorgekom en die Swartberge by Oudtshoorn het steeds baie sneeu op. “Dit is vir ons gesonde koue, en ’n gesonde koue beteken ’n goeie somer.”

Hy sê geen Angorabok-vrektes is ná die koue aangeteken nie. Verskeie boere in die distrik het verlede jaar ná dae lange koue en nat weer groot veeverliese aangeteken. “Ons het nog nie die bokke geskeer nie, so die koue het nie die bokke so erg beïnvloed  nie.” Die eerste skeersessies vir die winter sal in Julie plaasvind.

Die koue toestande het ook in die suide van die Vrystaat voorgekom. Mnr. Dirk Bredenkamp, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou naby Bloemfontein, sê ysreën en sneeu het plek-plek voorgekom.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights