Deur ALANI JANEKE
20 Julie 2012

635 keer gelees | 0 kommentaar

Die rooivleisbedryf moet bepaal watter stappe gedoen moet word om die bedryf deel van die internasionale bedryf te maak, aldus prof. André Jooste.


“Ek meen ons het die vermoë om uit te voer. Dit is tyd dat ons bepaal wat gedoen moet word om Suid-Afrika op die internasionele speelveld te kry.”

Prof. André Jooste, senior bestuurder van die Nasionale Landboubemarkingsraad, sê ’n bedryf wat sterk wil wees, moet internasionaal meeding, want uitvoer maak ’n bedryf intern meer gesofistikeerd.

Jooste was ’n spreker op ’n inligtingsdag oor Bonsmaras wat deur die Gautengse Rooivleisbedryf-organisasie (GPRPO) naby Devon aangebied is.
 
Informele sektor
Volgens Jooste is tussen 30% en 40% van die land se beeskudde in die besit van opkomende boere. Hy sê dié sektor se bemarking word op tussen 5% en 10% van ’n boer se kudde geskat, terwyl die kalfpersentasie op tussen 30 en 40 geskat word.

As opkomende boere se bemarkingspersentasie tot 15 verhoog kan word met ’n kalfpersentasie van tussen 60 en 65, meen Jooste Suid-Afrika kan binne 15 jaar ’n netto uitvoerder van vleis word.

Hy sê die hoenderbedryf gaan die rooivleisbedryf se groot mededinger oor die volgende tien jaar word met die verbruik van hoendervleis wat na verwagting aansienlik gaan toeneem. Die verbruik van hoendervleis per verbruiker is in 2001 op sowat 20 kg per jaar bepaal, “maar tien jaar later word dit op 35 kg geskat.”

Prysbepalings gaan volgens Jooste ook verander. “Soos wat dinge tans verander, sal pryse slegs sowat twee tot drie maande vooruit bepaal kan word.” Dít beteken dat produsente beter bestuur sal moet toepas.
 
Produktiwiteit
Verder meen Jooste dat die kommersiële rooivleisbedryf produktiewer sal moet word. “Ons sal moet kyk na die opkomende sektor se produksie, maar baie verbetering is ook moontlik in die kommersiële sektor.”

Jooste gebruik vleisproduksie in Nieu-Seeland as ’n voorbeeld van verbeterde produksie. “Hoewel dieregetalle in dié land ’n enorme daling aangeteken het, het produksie met amper 40% toegeneem. Hoër en meer produktiewe produksie gaan ’n bepalende faktor vir die toekoms wees.”
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights