Deur ALANI JANEKE
23 September 2010

1248 keer gelees | 1 kommentaar

Verteenwoordigers van die Namibiese en Suid-Afrikaanse vleisbedrywe het die probleme rondom vleisinvoer bespreek.


Verteenwoordigers van verskeie rolspelers van die Namibiese en Suid-Afrikaanse vleisbedrywe het die afgelope week probleme rakende die invoer van vleis bespreek.

Luidens ‘n verklaring het die Lewende hawe-produsente-organisasie van Namibië, die Namibiese Landbou-unie, die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse Vleisbedryfsforum en Agri Inspec Maandag (20 September) byeengekom.

“Die beweerde smokkel van skaap en skaapvleis is nie bespreek nie aangesien dr. Hennie Kleynhans van Agri Inspec, wat die spesialis op dié gebied is, nie teenwoordig was nie,” lui die verklaring.

Kleynhans het verlede week tydens die RPO se nasionale jaarvergadering aangekondig dat die vergadering gaan plaasvind.  

Behoorlike grensbeheer nodig
Al die partye betrokke het saamgestem dat behoorlike grensbeheer vir gesonde handel in vleis- en vleisprodukte tussen die twee lande nodig is.  Die plaaslike rooivleisbedryf erken dat lewende hawe van Namibië ‘n integrale deel van voorsiening in Suid-Afrika speel, maar dat ongerymdhede die plaaslike mark verwring.

Die rolspelers meen almal dat instansies wat hulle aan ongerymdhede skuldig maak vervolg moet word. Daar is egter konsensus dat dié ongerymdhede op ‘n beperkte skaal voorkom.

Die grootste probleme word ervaar rondom onderverklaring van waarde en getalle van lewende hawe, wat ‘n uitwerking op grensbelasting het.
 
Voorstelle vir die toekoms
Die vergadering het die volgende voorstelle gemaak vir toekomstige samewerking en die oplos van probleme:

  • Behoorlike definisie van klasse van lewende hawe.

  • ‘n Eenvoudiger en meer doeltreffende invoerproses.

  • Stel standaard waardes vir verskillende klasse van lewende hawe saam en pas dit gereeld aan.

  • Die stelsels sal met die Vleisbedryfsforum, SARS en die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye bespreek word vir moontlike toepassing.

Die rolspelers het ook onderneem om op ‘n gereelde basis te vergader.

23 September 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Nicol Muller

2010/09/26 07:42:45 AM

Ek is 'n voorstandaer vir die RPO en is self 'n vleisprodusent Ek is bly die RPO praat met Nam oor die probleem en is trots op wat die RPO doen.Geluk en sterkte Manne.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights