Deur ALANI JANEKE
20 September 2012

545 keer gelees | 3 kommentaar

SA se moordsyfer het tussen 2010/’11 en 2011/’12 met 3,1% gedaal, met die jongste syfer naby 16 000 moorde.


Suid-Afrika se moordsyfer het oor ’n kwessie van agt jaar, tussen die boekjare 2004/’05 tot 2011/’12, van sowat 18 000 moorde per jaar tot minder as 16 000 moorde per jaar gedaal, aldus mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie. Dít verteenwoordig ’n daling van 27,6%.
 
Mthethwa het Donderdag (20 September 2012) die afgelope boekjaar se misdaadstatistiek in die Parlement bekend gemaak. Luidens ’n berig op News24.com het die moordsyfer tussen die boekjare van 2010/’11 en 2011/’12 met 3,1% gedaal. Plaasmoordstatistiek word by dié syfer ingereken.
 
Ophef
Mnr. Kobus Breytenbach, ondervoorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, sê enige daling in misdaadsyfers is gunstig: “Ons is egter steeds bekommerd oor die feit dat die syfer so hoog is. Dit is veral baie hoog as ons dit met dié van Eerstewêreldlande vergelyk.”
 
Breytenbach sê dit is ook vir hom interessant dat die staat nie so ’n groot ophef maak van inisiatiewe om misdaad, soos moorde, in Suid-Afrika te voorkom as wat byvoorbeeld die geval met padsterftes is nie.

“Daar word veral rondom Paasnaweek en in vakansietye ’n groot ophef gemaak van die “Kom veilig daar”-veldtog, maar ’n soortgelyke veldtog bestaan nie ten opsigte van moord en ander misdade nie.”
 
Volgens Breytenbach kan die suksesvolle implementering van die Landelike Beveiligingstrategie, wat verlede jaar in die Vrystaat bekend gestel is, ’n aansienlike afname in misdaad in landelike gebiede tot gevolg hê.
 
Toename
Intussen sê mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van die TLU SA se veiligheidskomitee, dié afname het volgens hom op die gewone mens op straat betrekking. “Daar is beslis ’n toename in plaasmoorde, in aanvalle en moorde in dorpe, stede en op plase.”
 
Mthethwa het ook ’n daling van 3,7% in syfers van seksuele misdade aangekondig. Volgens die syfers het verkragting met 1,9% gedaal. “Ons moet egter klem daarop lê, dat ons, as die Regering, steeds bekommerd is oor die vlaag van verkragting in ons land.”

Bron: News24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Mel

2012/09/20 04:05:44 PM

Dis bog!!!


Brakanjan

2012/09/20 04:09:05 PM

Die daling lyk skynbaar goed, maar daar is 3 faktore wat in ag geneem moet word voor u die syfers kan vertrou: 1. Mense meld nie graag voorvalle by SAPS nie. Daar is juis 'n artikel vandag in Beeld oor 'n dogter wat 'n rooftog NIE wil aanmeld nie. Net so, my kollega se man is gedwing om duisend rand by kitsbank te trek. Die voorval is ook NIE aangemeld nie. 2. Daar word beweer dat SAPS die dossiere dokter om slegte voorvalle minder 'sleg' te laat lyk. 3. Informele nedersettings word 'beheer' deur misdadigers wat 'beskermgeld' eis in areas waar polisie net eenvoudig nie daar uitkom nie.


Saaiboer

2012/09/23 05:51:35 PM

Nog steeds is SA se moordsyfer een van die hoogste in die wêreld, dit bly steeds 'n skande vir enige regdenkende mens! Nou karring Popcru oor die volkslied, plaas loop hulle net en gaan doen hulle werk.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights