deur ALANI JANEKE
19 September 2012

480 keer gelees | 1 kommentaar

Altesaam 195 Sauvignon blancs het vanjaar aan FNB se Top-10-Sauvignon blanc-kompetsie deelgeneem.


Deelname aan Eerste Nasionale Bank (FNB) se Top-10-Sauvignon blanc-kompetisie neem toe. Vanjaar is 26 meer wyne as verlede jaar ingeskryf. Vyf beoordeelaars moes 10 wyne uit die 195 inskrywings aanwys. Altesame 169 wyne is verlede jaar ingeskryf. Die kompetisie word aangebied deur die Sauvignon blanc-belangegroep van Suid-Afrika en die bank.

Luidens ’n verklaring is die wenners verlede week op ’n glansgeleentheid aangekondig. Die beoordelaars se aanvanklike taak was om 20 topwyne uit die inskrywings te kies, waarna die beoordeling verfyn is om die wenners aan te wys.

Sewe van die wenwyne is van die 2012-oesjaar, terwyl drie uit die 2011-oesjaar geproduseer is. Hulle sluit in: Clos Malverne 2011, De Morgenzon DMZ 2012, Diemersdal MM Louw 2011, Driehoek 2012, Du Toitskloof 2012, Groote Post 2012, Lomond Pincushion 2011, Neethlingshof Single Vineyard 2012, Simonsig Sunbird 2012 en Virgin Earth Pepper Tree 2012.

Diverse mark

Mnr. Christian Eedes, voorsitter van die beoordelingspaneel, sê die feit dat die tien wenwyne uit verskillende produksiegebiede kom, dui daarop dat Suid-Afrika se diverse marko- en mikroklimate gunstig is vir ’n breë verskeidenheid Sauvignon blanc-style. Die wenwyne is in Kaap Agulhas, Breedekloof, Cederberg, Darling, Durbanville, Elgin, Langeberg-Garcia en Stellenbosch geproduseer.

’n Lid van die beoordelingspaneel het sy kommer uitgespreek oor die ultra-groen geure wat in sommige wyne tot suurheid lei.

“Verbruikers spreek hulle toenemend uit teen Sauvignon blanc se hoë suurheidsvlakke, maar produsente kan hierdie probleem oorkom deur Semillon by te voeg – selfs tot die maksimum vlak van 15%. Dit versag nie bloot die suurheid nie, maar voeg ’n bykomende dimensie tot die wyn by,” verduidelik mnr. Mark Norrish, hoofbestuurder van die Ultra Liquors-wynafdeling.

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Elardus Engelbrecht

2012/09/19 03:17:38 PM

Geluk aan daardie wenners! Kom ons drink daarop! ;-) Sal moet 'n draai maak by die 'geel apteek' en 'n paar bottels aanskaf.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights