Deur LUCILLE BOTHA
20 Augustus 2012

627 keer gelees | 0 kommentaar

Suid-Afrika is sedert April weer ’n netto uitvoerder van suiwelprodukte, sê dr. Koos Coetzee van die MPO.


Suid-Afrika is sedert April weer ’n netto uitvoerder van suiwelprodukte. Dr. Koos Coetzee, hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie (MPO), het op die Wes-Kaapse MPO se jaarvergadering op Malmesbury gesê die bedryf voer ingevolge gewig en melk-ekwivalent meer suiwelprodukte uit as wat die land binnekom.

“Dit is baie goed. Ons voer uit na lidlande van die SA Ontwikkelingsgemeenskap, soos Zambië, Zimbabwe en Mosambiek, en dan ook na lidlande van die Doeane-unie (soos Namibië).”

Melkverwerkers verkoop heelwat gepasteuriseerde melk aan Botswana en Swaziland. Groot verwerkers voer ook kaas in vir supermarkgroepe in Zambië. Coetzee sê suiwel wat “oor die grens gedra word”, beslaan ook ’n groot deel van die uitvoer.

Dit verwys na die kleiner hoeveelhede suiwel (“bakkievragte”) wat die land verlaat en dikwels deur boere-organisasies uitgevoer word. Coega Dairies het die afgelope tyd groot besendings na Zimbabwe gestuur.

Boere probeer melk uitvoer
Mnr. Bertus de Jongh, besturende direkteur van die MPO, het beklemtoon dit is in talle gevalle boere wat ’n groot poging aanwend om die melk uit te voer. “Die kopers sal dit nie lank kan ignoreer nie, want ’n mark ontwikkel. Boere sal op lang termyn hul eie meganisme moet skep om uitvoer te bevorder, want niemand anders gaan dit vir hulle doen nie.”

Die melkbedryf was onlangs in die nuus nadat DairyBelle sy melkprys verlaag het. Volgens Coetzee het dit egter nie die afgelope dekade heeltemal so sleg gegaan met die suiwelbedryf nie. “Daar is nie ’n landboubedryf waar jou produkprys vinniger styg as jou produksieprys nie.

"Suiwel het egter op die lange duur nogal nie te sleg gevaar nie. As ons na die produsenteprys vanaf 1983 kyk, dan het boere amper ’n styging van 10% per jaar in ons produsenteprys gesien.” Dit het met groot prysskommelinge en verhogings in produksiekoste gepaardgegaan. Daar word dus van produsente verwag om doeltreffender en op groter skaal te boer, meen Coetzee.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights