13 Julie 2012

402 keer gelees | 0 kommentaar

’n Plan om renosterhoring wettig te verkoop is die week deur Suid-Afrikaanse bewaringsinstansies te tafel gelê.


Renosterhoring moet wettiglik en direk aan Chinese farmaseutiese maatskappye verkoop word.

Dít is een van die voorstelle van ’n plan wat Suid-Afrikaanse omgewingsbewaringsorganisasies Donderdag  (12 Julie 2012) by die Internasionale Wildbestuurskongres ter tafel gelê het.
 
“Kom ons probeer dir vir vyf jaar en sien wat die impak is,” het mnr. Roger Porter, voormalige hoof omgewingsbeplanning by Ezemvelo Kwazulu-Natal Wildlife volgens 'n berig op News24.com gesê.
 
Volgens Porter sal die horings op dieselfde manier verkoop word as wat diamante deur die De Beers korporasie verkoop word.
 
“Silwer koeël”
Porter sê die voorstel is nie ’n “silwer koeël” wat die stroping van renosters sal stop sit nie. “As dit stroping aansienlik laat verlaag, kom ons gaan voort daarmee. Maar as dit stroping nie verlaag nie, staak dan die verkope.”
 
Volgens die berig sal die prys beheer word deur ’n sentrale verkooporganisasie, wat verkopings vier keer per jaar by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg sal aanbied.
 
Die geld wat deur middel van die verkope genereer word, sal gebruik word om stroping in die land te beveg. Meer as 270 renosters is tot dusver die jaar in Suid-Afrika vir hulle horings doodgemaak.
 
Bron: News24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights