Deur ALANI JANEKE
25 Julie 2012

591 keer gelees | 3 kommentaar

Twee sakemanne van Johannesburg wil aanstaande jaar Kilimandjaro aandurf vir bewusmaking rondom renosterstropery.


Twee natuurliefhebbers wat op soek is na avontuur het besluit om Afrika se Kilimandjaro aan te durf om geld in te samel vir die bewaring van renosters. Mnr. Jacques van Rooyen, wat verkope en bemarking by TFM Cargo Bodies hanteer, sê hy wou nog altyd dié berg klim.
 
Hy het in November verlede jaar besluit om sy avontuur ’n werklikheid te maak, maar hy en sy vriend en kollega, mnr. Bernard Swart, wou hê dié avontuur moes op ’n manier ’n bydrae tot iets lewer. Swart is boekhouer by dieselfde onderneming. Hulle het toe die Kilimandjaro Anti Rhino Poaching Awareness Event van stapel gestuur.
 
Die twee is kranige stappers wat hulle gereeld in die veld bevind. “Die natuur en diere is ons tweede tuiste en eerste liefde. Ons doelwit is om mense bewus te maak van hoe erg die situasie rondom renosterstroping is. Ons het ook baie vinnig agtergekom ’n mens het hulpbronne nodig om so iets vir die wêreld te kan wys,” vertel Van Rooyen.
 
ACT
Die idee vir die projek is aan Sanparke en die African Conservation Trust (ACT) voorgelê. Die Trust het reeds ingestem om die projek te ondersteun. Van Rooyen sê in dié stadium gaan 20% van die geld wat hulle insamel aan die Trust gegee word. Sodra hulle genoeg geld ingesamel het om die koste vir die reis te dek, sal die res van die geld ook vir renosterbewaring aangewend word.
 
Van Rooyen en Swart rig ’n versoek aan alle belangstellendes, maatskappye of individue, om die projek te ondersteun. Elke korporatiewe borg se logo sal vir ’n bedrag van R1 000 saam na Kilimandjaro opgedra word.
 
Die twee mans beoog om die staptog in November of Desember aanstaande jaar aan te pak.
 
Vir meer inligting, kontak Van Rooyen of Swart by Jacquesvanr@gmail.com of bjswart13@gmail.com.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Debbie Grobler

2012/07/25 10:26:47 AM

Geluk Jacques! Dis stunning!


jacques

2012/07/25 12:44:17 PM

http://www.facebook.com/#!/AntiRhinoPoaching


genevieve

2012/07/25 12:45:16 PM

Go jacques

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights