Deur ALANI JANEKE
1 November 2011

1468 keer gelees | 10 kommentaar

Net soos verskeie Suid-Afrikaners aangedui het dat hulle nie getel is nie, is verskeie boere ook nie getel nie, sê ’n sensusbeampte.


Net soos verskeie Suid-Afrikaners aangedui het dat hulle nie getel is nie, is verskeie boere ook nie getel nie, sê ‘n sensusbeampte.

Mnr. Fanie Roos, ‘n inligtingsbeampte vir die landbou vir Sensus 2011, sê in samewerking met Agri SA word ‘n opname gedoen om vas te stel hoeveel boere nie getel is nie.

Met behulp van die opname sal Statistiek SA dié boere in kennis kan stel oor hoe hulle te werk moet gaan om getel te word. Die organisasie het Suid-Afrikaners wat nie getel is nie, tot 15 November kans gegee om vraelyste in te handig.

Voorvalle
Roos sê hulle is dankbaar dat min voorvalle van ongerymdhede op plase aangemeld is. “Sover my kennis strek is niemand op ‘n plaas aangeval deur iemand wat hom of haar voorgedoen het as ‘n sensusopnemer nie, en ander voorvalle van geweld het ook nie voorgekom nie.”

Volgens Roos is hulle wel bewus van voorvalle waar sensuswerkers boere se plase wou opmeet en snaakse vrae gevra het. “Dit is onmiddellik stopgesit, want daardie werkers het onder ‘n totale wanindruk verkeer.”

Die meeste van die voorvalle wat wel aangemeld is, het te doen gehad met opnemers wat laat was vir afsprake of sonder afsprake opgedaag het.

Hou Landbouweekblad dop vir meer inligting oor die sensusopname.

1 November 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


J vd Merwe

2011/11/04 10:57:45 AM

Wat 'n mors van tyd en geld! Geen Sensus werkers was hier nie en dit help ook nie om om die Tolvry nommer te bel nie. Ek wag al 3 weke vir 'n afspraak.


geodegroen

2011/11/04 10:55:53 AM

Die ANC munisipaliteit se familielede en vriende is almal sensusbeamptes.(met vet beursies en - boude) Niemand in ons omgewing is getel nie.


F.W. Burger

2011/11/03 01:46:59 PM

Wat my betref was die sensus 'n absolute mors van tyd en kosbare belasting was ons op einde van die dag moet betaal. Hier by ons op die platteland, het die sensus opnemers geskitter in hul afwesigheid met die gevolg niemand is getel nie. Wat is die nut dan daarvan?


corlivdm

2011/11/03 08:28:01 AM

Mense wat nog nie getel is nie, kan die tolvrye nommer 0 0800 110 248 skakel of ’n e-posboodskap na census2011@statssa.gov.za stuur. Groete, Corli van der Merwe Webredakteur


Onbekende besoeker

2011/11/03 07:32:00 AM

Dit is reeds 3 November en ons is ook nie getel nie. Niemand het ook probeer om 'n afspraak te maak om ons te tel nie. Al ons plaaswerkers is ook nie getel nie. Waar moet ons dit aanmeld?


Onbekende besoeker

2011/11/03 12:09:11 AM

Wonder hoe weet hulle 98% mense is getel as almal nie getel is nie. As hulle dit weet, hoekom dan die moeite doen om almal te tel?


Onbekende besoeker

2011/11/02 07:20:17 PM

Wat ek nie verstaan nie is, hoekom wil hulle weet wat jou salaris is???


Marinda Lötter

2011/11/02 11:28:03 AM

Moenie alleen voel nie. Baie dorpenaars ook nie getel nie.


Willem Verwey

2011/11/02 11:12:00 AM

Ons verstaan nie hierdie sensusopname nie.Hier hang duisende mense van Zimbabwe en Mosambiek rond wat nie getel word nie. Wat is die doel dan van die opname?


Onbekende besoeker

2011/11/01 08:02:23 PM

Hoekom is soveel boere nie getel nie - is dit nie 'n verskuilde agenda om boere weer uit te kryt as alles wat sleg is!!! Dis 'n lekker stok vir die regering om te se boere werk nie saam nie!!!Ruik ek 'n rot....????

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights