27 Augustus 2010

1577 keer gelees | 0 kommentaar

Senwes-aandeelhouers is tevrede met die prestasie van die maatskappy én sy direksie, soos uitgespreek op die algemene jaarvergadering.


Senwes-aandeelhouers is tevrede met die prestasie van die maatskappy én sy direksie, soos uitgespreek op die algemene jaarvergadering.

Aandeelhouers van Senwes het by die algemene jaarvergadering in Klerksdorp hul tevredenheid met die prestasie van die maatskappy en sy direksie uitgespreek.

Luidens ‘n nuusverklaring het Senwes-lede die direksie en bestuur gelukgewens met die goeie finansiële vertoning en het hul waardering en vertroue in hulle uitgespreek.

Alle gewone besluite is met ‘n stempersentasie van meer as 80% aanvaar. Die statuutwysigings, wat onder andere voorgehou is om Senwes se statute te belyn met die noteringsvereistes van die Johannesburgse Aandelebeurs, is egter nie deur aandeelhouers aanvaar nie. Die direksie sal gesprekke voer met die groter blokke aandeelhouers sodat die verdere rigtinggewing ten opsigte van die noteringsproses bepaal kan word. ‘n Verdere aankondiging in die verband sal mettertyd gemaak word.

Mnre. Japie Grobler, Jesmane Boggenpoel, Nico Liebenberg en Mpueleng Pooe is by wyse van stemming as direkteure van die maatskappy herkies. Aandeelhouers het ook die groen lig gegee vir die voorgestelde dividend van 15c per aandeel, die heraanstelling van Ernst&Young as ouditeure asook vir die vergoeding van die direksie en ouditeure.

Grobler en mnr. Danie Minnaar is onderskeidelik weer as voorsitter en ondervoorsitter tydens die direksievergadering na afloop van die jaarvergadering aangewys.

Nuwe finansiële direkteur
‘n Geoktrooieerde rekenmeester met ‘n Senwes-loopbaan wat strek oor elf jaar, is deur die direksie aangewys as die nuwe finansiële direkteur. Mnr. Corné Kruger (37), assistent-hoofbestuurder: Finansies sedert 2005, het ook waargeneem as finansiële hoof sedert 5 Mei vanjaar.

Kruger het in in 1999 gekwalifiseer as ‘n geoktrooieerde rekenmeester. Die beginjare van sy loopbaan by Senwes het gesorg vir blootstelling as besigheidsanalis, SAP-spesialis en rekenmeester. In 2002 is hy aangestel as tesourie-bestuurder en daarna het hy verskeie bestuursposte in Senwes se finansiële afdeling beklee.

27 Augustus 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights