Deur CORLI VAN DER MERWE
13 Junie 2012

562 keer gelees | 0 kommentaar

Vyf gelukkige boere het nie net duisende se afslag op hul produksiekrediet by Senwes gewen nie, maar kan ook nou ander bystaan wat dit broodnodig het.


Vyf gelukkige boere het nie net duisende se afslag op hul produksiekrediet by Senwes gewen nie, maar kan ook nou ander bystaan wat dit broodnodig het.

Senwes se Wen ’n Miljoen-kompetisie het op goeie nuus vir vyf wenners en vyf welsynorganisasies uitgeloop toe R1,3 miljoen se kontant aan die gelukkige wenners uitgedeel is. Mnr. Charlie Pearson van Vaalharts het met ’n allemintige R500 000 weggestap.

Landbouprodusente, wat gebruikers van somerproduksiekrediet by Senwes is en ten minste R100 000 by Senwes opgeneem het, het outomaties vir deelname aan die kompetisie gekwalifiseer.

Die vyf wenners is tydens ’n trekking by die Goldfields Casino in Welkom aangewys en elke wenner kon ’n welsynsorganisasie kies, wat ’n skenking van R60 000 ontvang het.

Juanita Taljaard-fonds
Pearson het sy R60 000 geskenk aan die Juanita Taljaard-trustfonds, wat geskep is om ’n jong meisie van Vaalharts te help om ’n kogleëre inplanting te ondergaan.

Die wenners was mnre. Charlie Pearson van Vaalharts (R500 000), Barend de Lange van Dealesville (R250 000), George Truter van Bloemfontein (R125 000), Uys van Heerden van Odendaalsrus (R75 000) en Ben Vosloo van Koppies (R50 000).

Die organisasies wat elk ʼn R60 000-skenking ontvang het, is die Juanita Taljaard-trustfonds van Vaalharts, Dealesville-hulpfonds, President Kruger Kinderhuis op Reddersburg, Mev. President Steyn Tehuis op Odendaalsrus en NG Kerk Weltevreden op Koppies. Volgens verteenwoordigers van die onderskeie instansies, sal die geld aangewend word vir opknappingsprojekte, welsynsprojekte en die delging van bedryfskoste.

Kyk hier na ’n video oor Juanita Taljaard, ‘n jong meisie met ’n hartprobleem wat onder meer ’n kogleëre inplanting moet ondergaan.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights