27 Augustus 2012

888 keer gelees | 3 kommentaar

Brandstigting by ’n perdestal op ’n kleinhoewe het moontlik daartoe gelei dat ses perde wreed doodgebrand het.


Ses perde het Sondagoggend (26 Augustus 2012) ’n wrede dood gesterf toe die stalle waarin hulle aangehou word, vermoedelik aan die brand gesteek is.

Mnr. Willie Basson en sy vrou, Petro, het omstreeks 04:30 die oggend besef daar is ’n brand by die stalle waarin hul agt perde aangehou word.
 
Luidens ’n berig in Beeld het Basson gaan ondersoek instel en op ses verkoolde perde afgekom. Twee van die perde, ’n tweejarige merrie en ’n vierjarige hings, kon uit die stalle breek en het oorleef.
 
Die brand het vermoedelik tussen 02:00 en 04:00 ontstaan.
 
Brandstigting
’n Saak van brandstigting word tans ondersoek. Basson se stalkneg het aan hom gesê dit wil voorkom of iemand aan albei kante van die stal vuurgemaak het en sodoende gekeer het dat die perde uit die stalle kon kom.
 
Volgens Basson het hy in 12 jaar nog nooit ’n brand op sy eiendom gehad nie, en het hy onlangs voorbrand om die stalle gemaak. Die enigste kragprop in die stalle was ook afgeskakel.
 
Die vermoede bestaan dat die brand verband hou met vyf van die egpaar se werkers wat onlangs te midde van ’n arbeidsdispuut die hoewe verlaat het.
 
Bron: Beeld
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Etienne

2012/08/27 03:14:21 PM

Die bliks... moet gevang word en dieselfde mee gedoen word. Dit help nie om hulle vir ONS REGSTELSEL te gee nie. Daardie diere het hulle niks gedoen nie. Maar dit is die tipe mense wat jy nie eers met 'n insek kan vergelyk nie.


Liza Wasserman

2012/08/27 07:51:33 PM

Dis baie siek,arme perde is dit nou die perd se skuld dat hy sy baas het. Die mense maak soos hulle wil ons land is wetloos.Hulle brand hulle eie skool af as dinge nie na hulle sin gaan nie.Dis siek siek siek verby.As so persoon dit aan n perd kan doen kan hy mense ook moor.


Hannetjie

2012/08/27 10:36:22 PM

Ek is regtig jamer om te hoor van jou perde. Dis mos iemand gwees het wat die brand aangevoer het MAAR ek kan verkeert wees.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights