Deur SUSAN BOTES
10 Julie 2012

415 keer gelees | 0 kommentaar

’n Aansoek om statutêre maatreëls vir die sitrusbedryf weer vir vier jaar in te stel, is deur me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, ontvang.


Die Sitruskwekersvereniging van Suid-Afrika het die aansoek ingedien, wat nou deur die Nasionale Landboubemarkingsraad ondersoek word. Indien dit suksesvol is, sal die nuwe heffings vanaf 1 Januarie 2013 geld.

Die huidige maatreëls verval op 31 Desember vanjaar. Tans geld dié reëls vir vrugte wat vir die uitvoermark bestem is. Dit sluit die hou van aantekeninge en opgawes, die registrasie van regstreeks geraakte partye en die betaling van statutêre heffings in.

Indien die nuwe maatreëls goedgekeur word, sal uitvoerders aanstaande jaar 3,133 c/kg (47 c/karton) betaal; 3,333 c/kg (50 c/karton) in 2014; 3,533 c/kg (53 c/karton) in 2015 en 3,733 c/kg (56 c/karton) in 2016.

Maatreëls is nodig


Die vereniging sê bogenoemde statutêre maatreëls is nodig omdat dit uitvoerders dwing om opgawes by te hou sodat mark- en produksie-inligting aan die hele land versprei kan word. Verpligte registrasie sal verseker dat die statutêre maatreëls ten opsigte van die bywerk van aantekeninge en opgawes, tesame met die betaling van die heffing, doeltreffend kan geskied.

Na verwagting sal die vereniging in die 2013-boekjaar ongeveer R44 miljoen aan heffings invorder. Dít sal gebruik word vir produksienavorsing en –ontwikkeling, plantverbetering, inligting en statistiek, marktoegang en die ontwikkeling van nuwe uitvoergeleenthede en die transformasie van die sitrussektor.

Belanghebbendes word genooi om voor of op 20 Julie vanjaar skriftelike kommentaar te lewer. Dié kommentaar moet by me. Mathilda van der Walt, ekonoom van die Nasionale Landboubemarkingsraad, ingedien word. Haar e-pos is mathilda@namc.co.za. Sy kan ook by tel. 012 341 1115 gebel word of stuur ’n faks na 012 341 1911.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights