Deur JOHAN NORVAL
24 Augustus 2012

999 keer gelees | 0 kommentaar

Mnr. Henri Londt, wat voormalige bestuurder van die Dohne-telersgenootskap van SA was, is oorlede.


Hy is met kanker gediagnoseer toe hy twee maande gelede ernstig siek geword het. Hy is ’n kort tydjie tuis verpleeg voordat hy weer in die hospital opgeneem is en hy Vrydagoggend (24 Augustus) oorlede is.

Hy word oorleef deur sy vrou, Elzabe, en hul kinders, Francois, Johan en Bobby en hul gesinne.
Me. Marion Krause, wat die afgelope agt jaar saam met hom in die genootskap se kantoor op Stutterheim gewerk het, sê sy dood word betreur deur sy familie en almal wat hom geken het.

Mnr. Cameron McMaster, Londt se voorganger, sê Londt was ’n bekroonde kleinveekundige wat onder meer as ’n student van die Landboukollege Grootfontein betrokke was by stoeterye in Australië. Hy het as veldbeampte by die destydse BSB en later BKB die veebedryf wyd gedien.

Londt is in die Karoo op die familieplaas by Aberdeen gebore en het jare lank in die Mooirivier-gebied van KwaZulu-Natal gewerk. Hy was onder meer die Merinoskaap- en Woldeskundige-vereniging se Skaapman van die Jaar vir 2011.

Mnr. Koos Vosloo, voorsitter van die Dohne-telersgenootskap, het Londt as ’n ikoon bestempel wat baie in die kleinveebedryf gemis sal word.

Vosloo sê hoewel mnr. Kobus Delport waargeneem het terwyl Londt siek was, daar vir die posisie geadverteer sal word.  
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights