Deur JAN BEZUIDENHOUT
11 September 2012

550 keer gelees | 2 kommentaar

Agri SA het sy stem gevoeg by die koor van protes nadat die moratorium op skaliegas-eksplorasie opgehef is.


Agri SA sê hy het kennis geneem van die Kabinet se besluit dat die moratorium op skaliegas-eksplorasie opgehef kan word. Dit volg op aanbeveling van die tegniese taakgroep wat verlede jaar deur die Minister van Minerale Hulpbronne aangestel is om haar van advies in die verband te voorsien.

Agri SA is van mening dat die verslag van die tegniese komitee, waarop die Kabinet sy besluit geneem het, vooraf vir insae en kommentaar beskikbaar moes wees alvorens ’n besluit daaromtrent geneem is.

Vir groter deursigtigheid en integriteit van die proses is Agri SA van mening dat dié verslag vooraf vir insae en kommentaar beskikbaar moes wees alvorens die Kabinet ‘n besluit daaromtrent geneem het.

Geen insae in bevindinge
Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê dat die organisasie nie insae in die werking of bevindinge van die taakgroep gehad het nie. Die organisasie het verlede jaar ’n versoek aan die Minister gerig om ’n moratorium op skaliegas-ontwikkeling te plaas. Redes wat aangevoer is hou verband met kommer oor die moontlikheid van grondwaterbesoedeling as moontlike uitvloeisel van dié ontginningsproses. Agri SA het ook versoek dat die resultate van internasionale navorsing hieromtrent afgewag en in ag geneem moet word. Volgens Agri SA se inligting is hierdie werk nog nie afgehandel nie.

Volgens Möller verstaan Agri SA die land se behoeftes vir die ontwikkeling van alternatiewe energie-hulpbronne, maar met die voorbehoud dat die moontlike implikasies wat skaliegas-ontwikkeling vir die landbou en die omgewing inhou, deeglik verreken moet word.

Agri SA sal aan die Minister se voorgestelde openbare konsultasieprosesse deelneem en hom beywer vir die toepassing van beste internasionale praktyk, ook ten opsigte van wetgewing vir die omgewing. Verder sal Agri SA hom laat lei deur sy lede ten opsigte van moontlike ooreenkomste met Shell en ander ontwikkelaars betrokke by die skaliegasproses, het Möller bygevoeg.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


DFourie

2012/09/11 01:09:15 PM

Hulle gaan nog die hele land opmyn. Solank daar op die kort termyn voordele is sal alle lang termyn nadele gerieflikheidsonthalwe geignoreer word.


W Bothma

2012/09/11 03:48:34 PM

Ons plaas val in die gebied en ons wonder net of die staat ons gaan vergoed vir verlies aan inkomste sou die water wel besoedel raak en ons diere nie drinkwater het nie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights