Deur ALANI JANEKE
8 Maart 2012

827 keer gelees | 0 kommentaar

Die voorbrandwerk wat Shell tot dusver gedoen het vir skaliegasontginning in die Karoo het hom glo op die rooitapyt gehad.


Die voorbrandwerk wat Shell tot dusver gedoen het vir skaliegasontginning in die Karoo het hom glo op die rooitapyt gehad.

Luidens ’n berig in Die Burger het leiers in die Karoo, onder wie die meeste van die ANC, deurdringende vrae aan mnr. Jan Willem Eggink, hoofbestuurder van stroomop-werksaamhede van Shell Suid-Afrika. Hy moes op van dié vrae antwoord dat hulle nog nie seker is waar die miljoene liters water wat vir hidrobreking in die Karoo nodig sal wees, vandaan sou kom nie.

Me. Khunjuzwa Eunice Kekana, uitvoerende burgemeester van die Cacadu-distrik, het die oliereus op die vingers getik oor sy uitsluiting van die leierskorps van Karoo-munisipaliteite. “Niks óór ons, sónder ons nie,” het sy gesê.

Wat werkskepping uit skaliegasontginning betref, het Eggink toegegee dat, as die Regering die moratorium ophef en toestemming vir skaliegas-eksplorasie gee, plaaslike werkgeleenthede in die drie jaar lange eksplorasiefase uiters skaars sal wees.

“Die Karoo gaan nie net oor mense wat werk wil hê nie. Hier is belangrike landboubedrywe – skape, volstruise en Angorabokke – wat 100% afhanklik is van uitstekende watergehalte,” het Kekana daarop gereageer.

Taakspan
Luidens ’n berig in Die Burger, 8 Maart 2012, het die taakspan wat hidrobreking en skaliegasontginning in Suid-Afrika moet ondersoek, sy verslag voltooi en sal hy dit voor einde vandeesmaand aan die Kabinet voorlê.

Mnr. Mthozami Xiphu, uitvoerende hoof van die Petroleumagentskap van Suid-Afrika, het op Global Pacific & Partners se Africa Economic Forum gesê die Departement van Minerale Hulpbronne sal binne die volgende maand of twee ’n aankondiging oor ’n verdere proses doen.

Volgens Xiphu het die agentskap se tegniese span die land se skaliegasbronne op 30 triljoen kubieke voet (tcf) geskat. Die Amerikaanse geologiese opname wat in Suid-Afrika gedoen is, het dit op 485 tcf geskat. “’n Reserwe van 1 tcf is genoeg om ’n gas-tot-brandstofaanleg soos dié van PetroSA by Mosselbaai te regverdig,” lui die berig.

Bron: Die Burger

8 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights