Deur ALANI JANEKE
6 Maart 2012

1133 keer gelees | 3 kommentaar

‘n Navorsingsverslag wat die voordele van die ontginning van skaliegas in die Karoo uitwys, is deur die Treasure the Karoo Aksiegroep verwerp.


‘n Navorsingsverslag wat die voordele van skaliegas-ontginning in die Karoo uitwys, is deur die Treasure the Karoo Aksiegroep (TKAG) verwerp.

Luidens ‘n verklaring sê mnr. Jonathan Deal, voorsitter, die verslag het nie sterk standpunte nie en die navorsing is gebrekkig ten opsigte van die holistiese feite rakende skaliegas-mynwerksaamhede.

“Die feit dat die verslag deur Shell aangevra is laat erge ‘duike’ in die kredietwaardigheid van die dokument. Shell is op dieselfde tyd as wat hy aan die Suid-Afrikaanse publiek vertel het hoe oop, eerlik en deursigtig hy is, oor die vingers getik vir 37 omgewingsoortredings op hidrouliese breking aanlegte in Pennsylvanië in Amerika tussen Februarie en Augustus verlede jaar,” aldus Deal. 

‘Groot voordele vir die land’
Die verslag deur Econometrix dui aan dat die ontginning van skaliegas groot voordele vir die land se groeisyfers en werkskepping kan inhou. Volgens Amerika se Energie-administrasie kom 465 triljoen kubieke voet se skaliegas in die suide van die Karoo voor.

Mnr. Tony Twine, senior ekonoom by die Econometrix-groep, asook die leier van die navorsingspan, sê die model wat hulle vir die projek ontwikkel het, is vir die studie op 4% en 10% van die hoeveelheid gas wat wel beskikbaar sal wees, gebaseer. Daarvolgens is bevind dat die ontginning van skaliegas die land se groeikoers jaarliks met R80 miljard of R200 miljard kan opstoot.

Die groep sê dit kan ook ‘n bykomende 700 000 voltydse en deeltydse werksgeleenthede skep. Twine sê dit kan die land ook ‘n hupstoot gee wat die kragkrisis betref. Lees die mediaverklaring in die PDF-dokument hieronder.

'Werkverliese nie genoem'
Deal sê nêrens in die verslag word verwys na werkgeleenthede wat weens die mynaktiwiteite verloor sal word nie. “Die studie lys die voordele, maar dit kwantifiseer nie die koste nie wat dit vir Suid-Afrikaners kan inhou – rakende beskadigde pad infrastruktuur, gesondheidsverliese, herstel van besoedeling en die monitering van die implementering van omgewingstandaarde - om net ‘n paar te noem.”

Volgens Deal sal bevindinge deur studies soos dié nie wetenskaplik water kan hou rakende omgewingsbewaring nie. Verder het me. Susan Shabangu, Minister van Energie, duidelike opdrag van die Kabinet ontvang dat ‘n skoon omgewing en die ekologies nie bedreig mag word nie.

5 Maart 2012


Aanhangsels:
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/03/07 09:45:53 AM

Regtig dis SO kortsigtig. Mrens wat PRO skaliegasontwikkeling is dink net weer aan die geld. Daar is SOVELE bewyse van die gemors wat dit aan die omgewing doen - en glo my dit sal NIE reg gestel word - kyk maar na wat die myne se nalatenskap is. Gaan lees gerus wat se mense wat hiedie nagevolge beleef van gesondheidsprobleme vir mense, diere en omgewing nadat met die gemors begin is. Laat Shell maar in ander lande gaan opneuk. Hoekom kyk mense so graag verby toerisme wat 'n volhoudbare werkskeppingsprojek is - in ENIGE area en veral die karoo is grootliks onontgin wat dit betref. Meer mense sal vir langer werk he as met gemors soos hierdie skaliegas storie. Mense is lui om uit die boks te dink wat toersime betref - dis dalk beitjei harder werk van inwoners se kant terwyl met hierdie projek die buitelanders mos al die harde werk/groot geld vir "ontwikkeling"(lees OPNEUK)verskaf.


Onbekende besoeker

2012/03/06 09:31:11 PM

Dit is hoog tyd dat Deal die skaliegas ontginning begin aanvaar en saam met Shell werk om moontlike oplossings. Die klip gooiery moet nou end kry


Onbekende besoeker

2012/03/06 09:44:00 AM

Hulle gaan die gas ontwikkel, die ekonomiese voordeel vir SA is in alle geval groter in 'n land waar 25% werkloos is en waar die wat teen die ontwikkeling is in alle geval gesien word as bevooregte wittes, so just get over it!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights