Deur JAN BEZUIDENHOUT
31 Oktober 2012

693 keer gelees | 1 kommentaar

Skokgolwe trek deur die landbou omdat Elders, seker dié bekendste agri-maatskappy in Australië, sy deure kan sluit.


Die ikoon van Australiese landboumaatskappye, Elders, is diep in die skuld en kan sy deure ná 175 jaar sluit.

Elders se skuld beloop 373 miljoen Australiese dollar, of sowat R3,3 miljard. Weens die skuldlas gaan Elders die meeste van sy divisies verkoop.

Elders het 216 handelstakke in landelike Australië, waar sowat 2400 poste boonop in die gedrang kan kom.

Die voorsitter van Elders, mnr. Malcolm Jackman, het erken dat min van die maatskappy sal oorbly nadat die takke op die platteland, asook die motor- en bosbou-divisies, verkoop is. Hy sê Elders is van die blywendste handelsmerke in die Australiese geskiedenis, en dat hyself, met die verkoop van die Elders-bates, sy eie pos prysgee.

Jackman het laat blyk dat die landbousektor vinnig aan die konsolideer is, en dat dit van groot internasionale belang is.

Gerugte van oornames van Elders deur ander maatskappye doen die rondte, maar besonderhede daaroor is vaag.

Bron: The Land

Bron: Agrimoney


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/11/01 09:48:57 AM

JFK het gesê: The farmer is the only man in our economy who buys everything at retail, sells everything at wholesale, and pays the freight both ways. Die feit dat regerings nalaat om die landbou finasieel te ondersteun, lei tot hierdie gebeure. Dit gaan erger raak en voedselsekerheid gaan daarinder lei. Honger stemgeregtigdes - wat gaan die regerings hulle voer ? Mense oraloor soek kos en dis waarvoor regerings nou moet help beplan. Die hongersnood is om die draai.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights