Deur LUCILLE BOTHA
6 Augustus 2012

544 keer gelees | 0 kommentaar

Slagting is nie die antwoord om die sukkelende volstruisbedryf te probeer red nie en ander planne word nou gemaak.


Die Wes-Kaapse regering het ’n taakspan aangestel om alternatiewe planne te ondersoek om dié bedryf van ondergang te probeer red nadat die Avian Influenza-virus uitgebreek het.

“Ná 18 maande van uitslagting kon ons nie die virus stuit nie en daarom is die bedryf se uitgangspunt nou dat slagting nie die probleem gaan oplos nie,” het mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, Maandag (6 Augustus 2012) gesê.

Hy was die genooide spreker by die bekendmaking van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) se vooruitskouing tot 2021 op Stellenbosch.

R60 miljoen reeds bestee
Die departement van landbou het al meer as R60 miljoen aan slagting en vergoeding aan boere bestee. Meer as 50 000 volstruise is sedert April verlede jaar uitgeslag in ’n poging om die verspreiding van die virus te keer. Die bedryf het ook sy uitvoerstatus na die Europese Unie verloor.

“Ons het verlede week ’n taakspan aangestel wat altenatiewe planne moet ondersoek om die bedryf te red. Hulle moet op 16 Augustus aan ons verslag doen,” het Van Rensburg gesê.

“Die volstruisbedryf is in groot moeilikheid en die bedryf fokus nie langer daarop om sy uitvoerstatus terug te kry nie, maar fokus net op die bietjie wat nog oor is. Die boere sê vir my dit help nie hulle probeer uitvoer nie, want oor ’n jaar gaan hulle niks meer oor hê om uit te voer nie.”

Landbouweekblad berig volgende week volledig oor die BFAP se vooruitskouing.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights