Deur ALANI JANEKE
23 Julie 2012

1574 keer gelees | 2 kommentaar

Die R719 tussen Wesselsbron en Bultfontein is uiters gevaarlik en behoort gesluit te word, sê Vrystaat Landbou.


Stop-en-ry-beheerstelsels op die R719 tussen Wesselbron en Bultfontein is verwyder sonder dat werk aan dié pad voltooi is, en dit maak die pad uiters gevaarlik.

Vrystaat Landbou (VL) is derhalwe deur boere in die distrik versoek om by die provinsiale departement van vervoer aansoek te doen dat dié pad vir openbare verkeer gesluit word.
 
“Dit is net genade dat niemand nog op die onvoltooide pad tussen dié dorp (Bultfontein) en Wesselsbron verongeluk het nie”, sê boere volgens ’n berig in Volksblad. Roadcrete, wat ’n subkontrakteur vir die pad is, het weens wanbetaling deur die departement, die stop-en-ry-beheerstelsels verwyder.
 
Die maatskappy het ’n geruime tyd gelede al die bouwerk aan die pad gestaak omdat SSI Engineers and Environmental Consultants en Tshepega Civil Engineers, die oorkoepelende bestuur vir ’n aantal padprojekte in die provinsie, nie deur die provinsiale Regering betaal word nie.
 
Een baan
Tweerigting-verkeer moet nou beweeg waar slegs een baan op die pad geskik is om op te ry. Dít lei daartoe dat aankomende verkeer soms van die pad moet aftrek, veral as ’n vragmotor van voor af aankom.
 
Die koste van herstelwerk aan die pad is R188,6 miljoen. Die provinsie se LUR vir polisie, paaie en vervoer is reeds vir R44,7 miljoen se agterstallige betalings gedagvaar.
 
Mnr. David Ross, verteenwoordiger vir die Demokratiese Alliansie (DA), het mnr. Butana Komphela, die LUR, intussen versoek om die kwessie oor die pad te heroorweeg en die nodige stappe te doen om dit te laat voltooi.

* Is die paaie in jou omgewing in haglike toestand? Laat weet ons watter paaie in jou omgewing in 'n swak toestand is deur hier onder kommentaar te lewer of foto's te stuur na cornelia.vdmerwe@landbou.com.
 
Bron: Volksblad
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GW RAAD

2012/07/24 01:26:03 PM

dit is skokkend. waar is ons geagte president nou! hoekom spreek hy nie sy misnoe uit oor die toestand van die pad en of paaie in sy RSA nie! waar was hy inelkgeval toe die kinders van Cradock deur 'n taxi doodgemaak is? het hy nie maar bietjie te vinnig sy bek gerek oor die plaasarbeiders in Mpumalanga nie...


danie

2012/07/27 10:40:54 AM

Miskien moet julle eerder n lysie kry van die paaie wat nie in n swak toestand is nie. Dit sal baie korter wees.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights