Deur ADELE ENGELBRECHT
27 September 2012

344 keer gelees | 0 kommentaar

Maak dit makliker en goedkoper om in Afrika sake te doen, het Agri SA op die WHO-forum gevra.


Agri SA het op die jaarlikse openbare forum van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) op 24 en 25 September in Genève, Switserland, druk op belanghebbendes geplaas om die proses oor handelsliberalisering (Doha) weer op dreef te kry.

Die Doha-proses se doel is om dit vir ontwikkelende lande moontlik te maak om beter toegang tot markte te verkry en minder blootgestel te word aan die ontwrigting van gesubsidieerde handel van sommige nywerheidslande.

Ná meer as tien jaar se werk deur onderhandelaars om die belange van ver­skeie partye in een ooreenkoms saam te snoer, is daar steeds geen uitkoms in sig nie.

Volgens mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, is daar groot frustrasie omdat onderhandelings oor Doha in die doofpot beland het.

Aanpsoring vir ekonomiese ontwikkeling
Vrye handel is seker een van die belangrikste aansporings vir ekonomiese ontwikkeling. Te midde van die ekonomiese krisis wat sy oorsprong in Amerika gehad het en na Europa oorgespoel het, het die aptyt vir handelsliberalisering van ryker lande – wat nou self met maat­skaplike probleme te doen het – grootliks verdwyn.

“Die feit dat die proses nie vorder nie, beteken dat die kloof tussen ryker en armer lande al hoe wyer word. Dit sal nie meehelp vir die stabilisering van die onrustige situasie in verskeie lande en streke waar ontwikkeling ’n vereiste vir vrede en vooruitgang is nie.

“Dit is ook die geval in Suider-Afrika, veral ten opsigte van die groot en onderontwikkelde landboupotensiaal van die streek wat ’n groot bydrae tot welvaart kan lewer indien dit ontsluit kan word.”

Van der Merwe sê handelsliberalisering is egter nie die enigste bepaler van groei en ontwikkeling in Afrika is nie. Infrastruktuur moet verbeter word, burokrasie en korrupsie moet uitgeskakel word, opleiding is noodsaaklik en voorspelbare beleid is nodig. Kortom: Maak dit makliker en goedkoper om in Afrika sake te doen!”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights