13 April 2012

1024 keer gelees | 5 kommentaar

’n “Boeke-monument” word beoog om die stories van slagoffers van plaasaanvalle in die land te vertel, sê Solidariteit.


’n “Boeke-monument” word beoog om die stories van slagoffers van plaasaanvalle in die land te vertel, sê Solidariteit.

Luidens ’n mediaverklaring vorm dié boek deel van ’n projek wat die vakbond loods om die probleem van plaasmoorde te probeer aanpak.

Die vakbond sê plaasmoorde het ’n krisis bereik, en die probleem moet onmiddellik aandag kry. Volgens Solidariteit is hy bewus van 16 moorde of aanvalle wat sedert begin vanjaar op plase en op kleinhoewes landwyd voorgekom het.

In die laaste twee weke is vier gevalle van moorde op plase en een aanval op ’n boer by die Polisie aangemeld.

Die Projek
Die vakbond se uitgewersmaatskappy, Kraal Uitgewers, wil binnekort met die “boeke-monument”-projek begin. Slagoffers van plaasaanvalle sal die kans gegun word om hul stories as deel van die projek te vertel.

Solidariteit wil glo ook groter druk op die SA Polisiediens plaas om dié misdaad as ’n voorrangmisdaad geklassifiseer te kry. Die projek volg op die bekendstelling van die boek Treurgrond, waarin sowat 2 600 plaasmoorde en -aanvalle van 1990 tot 2010 gelys word.

“Vir solank as wat plaasaanvalle nie as ʼn aparte soort misdaad beskou en geklassifiseer word nie, sal daar eenvoudig nie werklik ernstig opgetree kan word om dit hok te slaan nie.

"Dit is waar dat hierdie tipe misdaad moeilik is om presies te klassifiseer, maar daar kan nie ontken word dat aanvalle van dié aard verskil van moorde en aanvalle wat in stedelike gebiede plaasvind nie,” aldus dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.

13 April 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/04/14 09:34:28 AM

Wat gaan so n boek beteken ZERO? Haal die VROT appels uit SELFBESKIKKING is ons enigste pad vir 'n daadwerklike oplossing! OU FW kan probeer maar het sy ou kansie gehad - Hierdie is net nog 'n versie by die PSALMgesang van moorde. Wat nerens gaan kom nie. Doen jouself 'n guns en gaan kyk na die vrae wat in Parlement deur die Opposisie oor moorde, misdaad en beveiliging gevra word, NIE van gister af nie al vir jare. Hulle kry self antwoorde!!! Vanaf die onderskeie Ministers!!!! GEEN opposisie party, selfs die minderheidspartye in die huidige parlement, gee terugvoering aan ENIGE landsburger hieroor nie. Hoekom nie ??? Gaan lees die HANZARDS van die Parlement. Ons kan skryf tot ons blou is en die pen se ink op of duur hofsake aangaan, daar gaan niks gebeur as ons Korrupsie in alle vorm nie vasgevat is EN die skuldiges onttroon is nie. En dit sluit ons wapenskandaal in, dis NR EEN!!!!


leser

2012/04/14 05:17:42 AM

Klink na n goeie projek, maar ek dink plaasmoorde het n krises al meer as 10 jaar terug bereik.


Onbekende besoekerthys badenhorst

2012/04/14 03:45:12 AM

julle bly dreig en niks gebeur nie doen vir n slag iets daadwerkliks en hou op met stories


Saaiboer

2012/04/13 07:42:42 PM

Dankie Solidariteit.


Jannie Visagie

2012/04/13 01:50:05 PM

Ons almal weet dat hierdie onderwerp is vir die polisie en die government nie belangrik nie,want hulle sit agter dit!!Sal nie verbaas wees as hulle elke keer n glasie klink as hulle lees van n plaas moord nie.Sal sien waar hulle kos in die toekoms vandaan gaan kom.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights