Deur ALANI JANEKE
1 November 2012

838 keer gelees | 0 kommentaar

Springbokboerdery word voorgestel as ’n altenatief vir skaapboerdery in die Karoo, maar die landbou het baie vrae hieroor.


Die skade wat deur skaapboerdery in die Karoo veroorsaak is, kan deur middel van springbokboerdery reggestel word. Dít is die standpunt van me. Thuli Dlamini, ’n Ph.D.-student van die Rhodes-universiteit, wat haar studie op dié aspek toegespits het.
 
Dlamini het luidens ’n berig op News24.com haar bevindinge op ’n konferensie op Graaff-Reinet voorgehou. Volgens die studie het skaapboerdery vir honderde jare lank ’n negatiewe effek op die biodiversiteit van ekologiese nis-gebiede in die Karoo, omdat skape net sekere plantsoorte vreet.
 
Voortdurende weiding het volgens Dlamini ingemeng met die diversiteit van die plantspesies wat in dié deel van die land voorkom. Sy meen dat tegnologie, soos windmeulens, en draadheinings verder tot die vernietiging van die omgewing bygedra het.
 
Wanbalans
Dlamini se voorstel kan, volgens mnr. Danie Vorster, hoofbestuurder van die Merino-telersgenootskap, ’n verdere wanbalans in die omgewing se plantspesies veroorsaak.

“Springbokke is baie meer selektief oor die plante wat hulle vreet as skape, so dit kan die skaal weer na ’n anderkant laat oorhang. Dis hoekom baie boere wat met wild in die Karoo boer, ’n verskeidenheid van diere aanhou wat verskillende plante vreet.”
 
Vorster sê oor die jare heen is baie navorsing al gedoen oor biodiversiteit, beweidingstelsels en plantspesies in die Karoo. “En steeds boer die ouens winsgewend met skape. ’n Boer sou mos nie so iets aanpak en daarmee volhou as dit nie volhoubaar is en produksie en ontwikkeling bevorder nie.”
 
Bron: News24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights