Menu
 

Deur ALANI JANEKE
7 Maart 2013

1386 keer gelees | 4 kommentaar

Die sakesektor moet werksgeleenthede verskaf en die staat sal infrakstruktuur en die beleidsomgewing verskaf.


’n Styging van 52% in lone vir plaaswerkers sedert 1 Maart 2013 plaas tans groot druk op baie boere. Talle boere het reeds aangedui dat hulle werkers moet aflê om te kan oorleef.

Mnr. Mdu Shabane, Direkteur-generaal van die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, sê arbeid is tans ’n netelige kwessie met werkers, werkgewers en produktiwiteit wat in ag geneem moet word.
 
Shabane het vanjaar op Graan SA se kongres gesê die staat sal lei deur infrastruktuur te verskaf, en dat die sakesektor – wat die landbou insluit - moet lei deur werksgeleenthede te skep. In reaksie op ’n vraag oor hoe die staat lei met dié drastiese loonsverhoging, het Shabane gesê ondanks dié skok meen hy die sektor sal werk kan verskaf, en meer werk sal die bedryf bevoordeel.
 
Nie haalbaar nie
Dr. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid, het aan ’n debat op die kongres deelgeneem. Op ’n vraag oor of dit steeds moontlik is om een miljoen werksgeleenthede in die landbou te skep, soos wat die Nasionale Ontwikkelingsplan vra, was sy antwoord: “Nie in dié toestande nie, nee!”
 
Meyer het aan Shabane gesê beleide wat tot voordeel van die staat én die bedryf is, is nodig, want soos die situasie tans daaruit sien, strook arbeidsbeleide en die mikpunt vir werksgeleenthede nie. “Die staat moet die feite op die tafel baie versigtig oorweeg.”
 
Grondoudit
Op ’n vraag uit die kongres oor wanneer die grondoudit afgehandel sal wees, het Shabane gesê dit is reeds afgehandel, maar spesifieke inligting moet nou op gefokus word. Volgens die departement se oudit is 79% van die land se grond in private besit, maar dit is nog nie duidelik watter dele in blanke, swart of buitelandse hande is nie. Dit moet nou bepaal word.
 
Ten opsigte van die grondkwessie, het Shabane ook gesê die staat werk tans met Graan SA saam aan ’n nasionale voedselproduksieplan. Dié plan fokus spesifiek daarop om die produktiwiteit van die sowat 1,5 miljoen mense wat voorheen deel van die tuislande was, te bepaal.
 
Lees binnekort meer in Landbouweekblad hieroor.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2013/03/07 12:31:05 PM

"die staat sal lei deur infrastruktuur te verskaf, en dat die sakesektor – wat die landbou insluit - moet lei deur werksgeleenthede te skep." die staat is 'n professionele ontduiker van sy verantwoordelikheid en gooi net altyd die verantwoordelikheid terug na die sakesektor - die sakesektor word doodgewurg en dan moet hy die verantwoordelikheid van werkskepping ook nog op hom neem , terwyl die regering NIKS wil doen - watter infrastruktuur word hiervan gepraat ? - die staat behoort 50% van alle landbou se insetkoste te betaal - sal dit nie die bydraes vir die landbou(ongeveer R1miljard) bietjie nader bring na wat die motorindustrie (R67miljard) ontvang - om watter rede eintlik ontang karre 67miljard en landbou 1miljard ??? - wil ek graag weet


Skonfaan

2013/03/07 12:54:30 PM

Ek dink die miljoen werkgeleenthede was ook nie voorheen moontlik nie.


Saaiboer

2013/03/07 06:27:58 PM

Mnr. Shabane, jy meen die landbou-sektor sal werk kan verskaf, wel mnr. hou jou mening vir jouself en kyk 'n slag na die FEITE op die tafel, met die huidige loon wat deur 'n regering sonder visie op die tafel geplaas is sal daar NIE wertksgeleenthede geskep word NIE. Mnr. julle kan nie eers infrastruktuur onderhou nie, hoe de vet wil julle dit nog verskaf? Dalk moet GSA sy gatkruip-houding by die regering opsy sit en duidelik aan hulle vertel wat aangaan, indien hulle rêrig weet wat aangaan.


butch

2013/03/08 09:29:30 AM

Gister was arbeidsreg prokureur hele dag lank op 'n plaas besig om personeel voor te berei vir afleggings - vanaf plaasbestuurder tot heel onder - eienaar in trane - ook die werkers - hy wil nie van sy werkers afdank - en hulle wil ook nie elders gaan werk - werkers bereid om selfs vir die vorige loon of matige verhoging te werk, maar dis mos teen die wet - geluk min Oliphant , tony , nosey - hoop julle slaap lekker !

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele