Deur LUCILLE BOTHA
16 Julie 2012

426 keer gelees | 0 kommentaar

Die Noord-Kaapse regering het onderneem om ten volle pa te staan vir herstelwerk aan infrastruktuur langs die Oranjerivier ná verlede jaar se verwoestende vloede.


Ondanks verskeie beloftes, opnames en vergaderings het die Regering nog nie die sowat R351 miljoen wat bewillig is, uitbetaal nie. Sowat 130 keerwalle wat die rivier uit wingerde, landerye en vrugteboorde hou, moet dringend herstel word.

Die Regering het voorheen aangedring dat kommersiële boere 50% van die herstelkoste self moet dra, maar boere kan dit nie bekostig nie. Die vloed begin verlede jaar word in dieselfde asem genoem as die vernietigende vloede van 1988 en 1974. Meer as R3 miljard se skade is verlede jaar aangerig.

“Verlede jaar het ons nie ’n oes gehad nie en teen die volgende oes was die wingerd nog te verswak, so dit is eintlik twee oeste wat daarmee heen is. By ons is daar vier manne wat moet ophou boer. Dit was nou die laaste strooi, hulle kon dit net nie oorleef nie,” sê mnr. Giepie van Niekerk, ’n droog-, tafel- en wyndruifboer van die plaas Keikarries, naby Augrabies.

Herstelkoste ten volle gedra
Na ’n vergadering op 15 Junie tussen die provinsiale regering en Agri Noord-Kaap het die regering ingestem om die herstelkoste ten volle te dra en om boere wat reeds uit eie sak herstelkoste aangegaan het, daarvoor te vergoed, sê mnr. Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord- Kaap.

Dit is nog nie skriftelik deur nasionale Regering bevestig nie. Boere se herstelkoste sal ook volgens grondbewaringstariewe vergoed word – nie noodwendig die bedrag wat hulle bestee het nie. Volgens mnr. Henning Burger, bestuurder van wingerdboukundige dienste by Oranjerivier Wynkelders, loop die rivier gewoonlik tussen 1 meter en 2 meter hoog (Upington-brug is die verwysingspunt).

Tydens die vloed het die watervlak tot 7 meter gestyg. ’n Styging tot 4 meter sal nou katastrofiese gevolge hê. Die herstelwerk moet dus spoedig begin. “Dit is baie werk wat gedoen moet word. Die reëntyd begin weer in Desember. Die stelsel moet bitter vinnig aan die gang kom. Hier is min produsente langs die rivier wat nóg ’n oes kan verloor.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights