Deur JOYLENE VAN WYK
1 Maart 2012

1072 keer gelees | 4 kommentaar

Die staat is nie ’n gewillige koper van grond nie, maar ’n verpligte koper, het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, gesê.


Die staat is nie ’n gewillige koper van grond nie, maar ’n verpligte koper, het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, gesê.

Nkwinti het op ’n mediakonferensie van die ministeriële ekonomiese groep verduidelik waarom die staat so ’n groot probleem met die beginsel van ’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper het om sy grondhervormingsdoelwitte te behaal.

Hy het gesê die staat het ’n historiese en politieke mandaat om grond volgens die voorskrifte van die Vryheidsmanifes te herverdeel. “Grond behoort aan almal, swart of wit, wat daarop bly.”

Hy het gesê omdat die staat ’n verpligte koper is, bring dit mee dat grondpryse opgestoot word. Die instelling van ’n waardeerder-generaal sal help om grondpryse gematig te hou. ’n Beleidsvoorstel oor hierdie instelling sal teen einde Maart gereed wees.

Drie instellings

Hierdie instelling is een van drie wat in die groenskrif oor grondhervorming voorgestel word om gestalte te gee aan die manier hoe grond in die land bestuur gaan word.

Die ander twee instellings is die kommissie op die bestuur van grond (LMC) en ’n raad wat grondregte bestuur. Nkwinti het gesê hierdie instellings sal aan nuwe wetgewing gestalte gee. “Ons meen dat jy nie ’n samelewing kan omvorm sonder nuwe instellings wat die transformasieproses ondersteun nie.

“Dit was tot dusver ons swakheid, die afwesigheid van instellings wat die pogings ondersteun om die grondverhoudinge in die land te hervorm.”

Hy het gesê dat elk van die ses afdelings van die groenskrif waarvoor werkgroepe aangestel is, met sy eie beleidsperspektief sal kom. Daar sal dus ses nuwe stukke wetgewing kom pleks van slegs een witskrif.

1 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/03/02 10:22:34 PM

Nou ja, hier in my kontrei is reeds 'n paar plase op die ope mark aan die Republiek van SA verkoop. Vir die transaksie het daar 'n "agent" van J'burg gekom, 'n prys (redelik markverwant) met die boer onderhandel, en DAN sy buitensporige KOMISSIE by die prys gelas waarvoor die eienaar verantwoordelik is met die bekragtiging van die koop. Mnr. Nkwinti, haak eerder hierdie wa van die soustrein af, sny die "agent" uit, en jy sal 'n derde meer grond op die ope mark bekom. Steur jou ook aan Dr. Pieter Mulder se politiek onkorrekte navraag. Julle demografiese standaard vir regstelling laat my dink aan die Hitler se "jode probleem" net omdat hul ywer en vernuf die ariese ras sleg laat lyk het.


WAARDEERDER

2012/03/02 11:02:05 AM

Ek wil anoniem bly omdat ek baie plaaswaardasies vir munisipaliteite doen in groot dele van die land. Die Minister het ongelukkig die kat aan die stert beet oor die Staat wat dan nou kwansuis 'n verpligte koper is. Indien 'n waardeerder sy sout werd is en sy professionele integriteit voorop stel sal die staat net betaal wat die markprys is: dieselfde waarde as enige ander persoon wat die grond wou koop m.a.w. gewillige verkoper en verkoper. Hierdie beginsel is al vir jare in ons howe vasgevat met onteienings waar dit baie duidelik gestel word dat die Staat of onteieningsliggaam en dit waarvoor die grond onteien word NIE in berekening gebring moet word nie. Omdat daar nou 'n klomp "on-etiese" waardeerders was wat gedink het die hulle kan die Staat melk en myns insiens 'n hulpelose Departement wat nie sy werk kan of wil doen nie en wanneer daar getender word vir hierdie werk die goedkoopste prys ongeag aanvaar en dan die vrot vrugte pluk. 'n Behoorlike waardasie ondersoek en verslag vir hierdie tipe van werk is lank en intensief en definitief nie goedkoop nie juis a.g.v. die omstredenheid wat kan ontstaan.


Etienne Prinsloo

2012/03/02 12:35:47 AM

Die basis is reeds gele vir die onteiening van landbougrond. Daar is min twyfel dat dit tot nadeel vir voedselsekuriteit sal lei. Die onbesonne toename in elektrisiteit en diesel pryse is myns insiens net nog 'n deel van die uitwissing van die georganiseerde landbou in sy huidige formaat. Ek eil net graag weet- was al die grond wat kwansuis "gesteel" is ten volle ontwikkel met boorgate, heinings, geboue en implemente?


mkruger

2012/03/01 08:17:59 PM

Dankie mnr Nkwinti vir jou eerlikheid. Nou weet die hele land uiteindelik wat bedoel word as gese word die beginsel van gewillige koper/verkoper werk nie. Probleem is egter dit: Daar is ooreengekom op 'n model van gewillige koper/verkoper om almal, insluitend die witman, gelukkig te hou.(Onthou die grootste % van wit boere wat tans boer het hulle grond op die ope mark gekoop en kan nie gestraf word vir foute van die verlede nie) Hierdie uitspraak van jou beteken egter dat julle teruggaan op julle woord soos ooreengekom toe die onderhandeling vir die oorname van wit na swart(nuwe SA) plaasgevind het. Vraag is nou dit: Kan julle dan enigsins verder vertrou word want dit is duidelik dat julle nie gelukkig sal wees tensy julle die wit boere kan "seermaak" vir die foute van die verlede nie. Geskiedenis het gewys jy kan nie foute regmaak deur die voorheen bevoordeeldes nou die minder bevoordeeldes te maak nie want dan skep jy net weer probleme vir jouself en herhaal die geskiedenis hom weer vir nog 'n geslag of 3....

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights