Deur SUSAN BOTES
3 Julie 2012

622 keer gelees | 0 kommentaar

Suid-Afrika se regerende party moet Cosatu se naelstring afsny, het dr. Roelof Botha, ekonoom, op die Avi Africa-byeenkoms gesê.


Suid-Afrika se regerende party moet Cosatu se naelstring afsny, het dr. Roelof Botha, ekonoom, op die Avi Africa-byeenkoms gesê.

“Cosatu verhinder werkskepping. Vakbonde het ’n belangrike rol in ’n ekonomie, maar die geweld wat deesdae met stakings gepaardgaan, verstom my,” het Botha, ’n ekonomiese raadgewer by die ouditeursfirma PricewaterhouseCoopers, gesê.

“Suid-Afrika se bankstelsel word as die naasbeste ter wêreld geag, maar ons arbeidsmark is in die 146ste plek ten opsigte van internasionale mededinging.” Botha het gesê dit gaan goed met Suid-Afrika se ekonomie en dienslewering ten spyte van dit wat ’n mens dikwels in koerante lees.

“Die Regering het die afgelope paar jaar 2,9 miljoen huise gebou, 1 000 klinieke gevestig en duisende huise van skoon drinkwater voorsien. Dit beteken dat talle mense se lewensgehalte verbeter het. Korrupsie moet ’n nekslag toegedien word, maar ons moet ook ’n bietjie erkenning aan die Regering gee vir wat wel gedoen is.”

Volgens Botha is alle sektore uit die resessie en dui alles daarop dat die ekonomie begin herstel. “Verbruikers is immers besig om te koop.” Botha het die gehoor aangemoedig om nou in aandele te belê.

Hy meen dat ’n blink toekoms op Suider-Afrika wag. “ ’n Duisend miljoen rand is die afgelope agt jaar in Suid-Afrika belê. Dít is beleggingsgeld wat fondsbestuurders aan ander (ontwikkelde) lande onttrek het omdat hulle besef het dat hulle hul opbrengste kon verdriedubbel deur eerder in Suid- Afrika te belê.”


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights