Deur ALANI JANEKE
24 Julie 2012

577 keer gelees | 1 kommentaar

Sowat 2 000 slaggate moet teen 18 Augustus op die R26 tussen Wepener en Zastron opgevul wees, sê die Vrystaatse Regering.


Sowat 2 000 slaggate sal op die 70 km lange R26 tussen Wepener en Zastron opgevul word. Sowat 1 500 slaggate is reeds sedert verlede maand herstel, maar reën en koue weer het die proses vertraag, sê mnr. Zolile Walaza, woordvoerder vir die provinsiale departement van vervoer en paaie.
 
Luidens ’n berig op Nuus24.com is die mikpunt vir die voltooiing van die projek 18 Augustus vanjaar. “Die kontrakteur, Pro-Phalt, is sedert 18 Junie al op die terrein en sal na verwagting 1 000 slaggate per maand oor twee maande vul teen ’n koste van R1 276 800,” vertel Walaza.
 
’n Masjien wat die padoppervlakte met infrarooi-strale verwarm en die oppervlak so werkbaar maak, word deur die maatskappy gebruik.
 
Dié aankondiging volg ná die gemeenskap van Zastron in Mei vanjaar gedreig het om dié pad en die pad tussen Rouxville en Zastron met trekkers en ander voertuie te versper tot die staat aan hul eise gehoor gee. Mnr. Butana Khompela, LUR vir paaie en veiligheid, het die gemeenskap ’n dag voor die beoogde protesaksie besoek en beloof dat werk aan die paaie twee weke later sou hervat.
 
Lindley-pad
Intussen is die gemeenskappe van Lindley en Bethlehem in die Oos-Vrystaat raadop oor die toestand van die R76 wat dié dorpe verbind. ’n Stop-en-ry beheerstelsel op dié pad werk nie, met die toesighouers wat voertuie toelaat om te ry ten spyte van aankomende verkeer op die pad.
 
Slegs een baan se teer is op die pad oor en voertuie moet gereeld van die pad aftrek vir aankomende verkeer. Herstelwerk aan dié pad is ook gestaak weens die padtender-kwessie in die provinsie.
 
Mnr. André Ferreira, ’n veeboer van die omgewing, sê hulle stel daagliks hul lewens in gevaar om op dié pad te ry. Boere se koste aan herstelwerk aan voertuie wat op die pad moet ry, het ook die hoogte ingeskiet.
 
* Is die paaie in jou omgewing in ’n haglike toestand? Laat weet ons watter paaie in jou omgewing in ’n swak toestand is deur hier onder kommentaar te lewer of foto's te stuur na cornelia.vdmerwe@landbou.com.
 
Bron: Nuus24.com
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


D.B.Ackerman

2012/07/26 05:56:17 PM

Baie mense sal dit wil sien. Met die haglike toestand van paaie in Suid-Afrika klink dit soos n lugkasteel wat gebou is vir pienk olifantjies. Die vraag is. Wie gaan die kastele en olifante verf as hulle nie eens instaat is om bestaande paaie te onderhou nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights