Deur ALANI JANEKE
14 Junie 2012

449 keer gelees | 0 kommentaar

Die uitsetting van die Wallmansthal-plakkers is onderweg, en die besetters sal nie vergoed word vir die geld wat hulle weens 'n beweerde bedrogspul verloor het nie.


Die staat steun die uitsetting van onwettige plakkers by Wallmansthal nadat hulle deur die Noord-Gautengse Hooggeregshof beveel is om die grond te verlaat.

Die balju en die polisie voer sedert Dinsdag (12 Junie 2012) die uitsettingbevel uit deur plakkershutte af te breek. Die balju het op 7 Junie 2012 ’n kennisgewing op die plakkers bedien om hulle in kennis te stel dat hulle hulle die grond moet verlaat.

Van die besetters het egter nie op dié kennisgewing ag geslaan nie en moes van die grond verwyder word. Luidens ’n berig in Beeld het van die plakkers Dinsdagoggend desperaat rondgeskarrel om hul besittings te red voordat die sogenaamde “Rooimiere” of uitsetters van die balju hul plakkershutte afgebreek het. Die koerant berig dat tussen 5 000 en 6 000 woonstrukture op die grond opgerig is.

Onwettig verkoop
Erwe is onwettiglik vir tussen R400 en R1 500 aan die besetters verkoop. Volgens die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling is die niksvermoedende plakkers uit sowat R4 miljoen bedrieg deur die persone wat erwe aan hulle verkoop het.

Die plaas, tussen die Wallmansthal-weermagbasis en Ludwig’s Roses buite Pretoria, is in ’n grondeis aan die Wallmansthal Communal Property Association (WCPA) toegeken nadat die Regering dit in 1968 van hulle weggevat het.

Die WCPA het AfriForum vroeër om hulp genader nadat sy pogings om die plakkers van die grond te verwyder, onsuksesvol was. ’n Hofgeding tussen die onwettige plakkers en die WCPA het aan die begin van die jaar begin. Sedertdien is die plakkers se hofaansoeke twee keer met koste van die hand gewys.

Vergoeding
Die departement sê in ’n verklaring die plakkers sal nie vergoed kan word vir die uitgawes wat hulle aangegaan het om hul deel van die grond “te koop” nie. “Die minister (mnr. Gugile Nkwinti) het in sy laaste begrotingsrede ’n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om nie grond onwettig te beset nie, want dit word gewoonlik gedoen tot nadeel van die families wat wettige eise op die grond ingestel het,” lui die verklaring.

Die departement moedig alle voornemende eiendomskopers aan om seker te maak dat hulle ’n titelakte kry vir die grond of eiendom wat hulle koop. Die departement sê hy sal sy volle samewerking gee aan die uitsettingsproses.

Bron: Beeld

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights