Deur ALANI JANEKE
4 Julie 2012

1280 keer gelees | 1 kommentaar

Bewerings van onbeholpenheid en kritiek teen die staat se pogings om renosterstropery te bekamp, is deur die Departement van Omgewingsake verwerp.


Samewerking van alle belanghebbendes is nodig om die stroping van renosters in Suid-Afrika te bekamp.

Derhalwe verwerp die Departement van Omgewingsake bewerings van onbeholpenheid en kritiek vanuit bewaringskringe oor sy pogings in die stryd teen dié misdaad.

Luidens ’n verklaring sê die departement verskeie stappe is die afgelope jaar al gedoen om die toename in renosters wat vir hul horings doodgemaak word, te beperk. Een van die stappe is strenger maatreëls met die toekenning van jaglisensies vir ’n renostertrofee. Volgens die maatreëls moet die jagter wat om ’n lisensie aansoek doen, onder meer bewys van lidmaatskap van ’n jagvereniging in sy land lewer asook ’n verslag oor sy of haar jagervaring kan voorlê.

Geen lisensie mag aan jagters van Viëtnam toegeken word totdat dié land amptelik bevestig dat alle trofeë wat sedert 2010 uitgevoer is, steeds in die besit van die oorspronklike jagters is nie. Sedert die maatsreëls ingestel is, het Suid-Afrika geen versoeke vir trofeëjag uit sogenoemde verbruikerslande – wat Viëtnam, China en Thailand insluit – ontvang nie.

Een renoster elke 17 uur
Intussen staan die land se amptelike statistieke vir die aantal renosters wat in 2012 al vir hul horings doodgemaak is, op 262. Volgens die statistieke verloor die land elke 17 uur een renoster.

Die provinsies wat die ergste geraak word is Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en KwaZulu-Natal. Provinsiale parke en privaat natuurreservate in die gebiede het altesaam al 100 renosters verloor. Altesaam 173 mense is raads vanjaar in verband met stropery in hegtenis geneem.

Intussen het Volksblad berig dat in een van die jongste voorvalle is ’n 5½ jaar oue swartrenosterkoei op Karamoja African Bush Safari’s in Noordwes doodgemaak is. Die koei se karkas is gevind toe een van die werknemers Sondag (1 Julie 2012) die grensdrade nagegaan het. Haar horing was afgesaag.

Die stropers het glo ook ’n renosterbul verwilder en ’n helikopter moes gehuur word om die dier te soek omdat hy vermis geraak het.

Bron: Volksblad


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Tiaan

2012/08/12 10:08:49 AM

Die boere moet sommer op hule skiet as hulle dit doen.stuur elke dag n man in die veld in en gaan kyk wat aan gaan.Ek sal bid vir die boere want daai goed is baie geld.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights