Deur ALANI JANEKE
5 Julie 2012

1151 keer gelees | 5 kommentaar

’n Interdik moes verkry word om stakende lede van FAWU te verhinder om vrywilligers en boere wat brande in plantasies wou help blus, te intimideer.


Boere in Mpumalanga wie se grond aan plantasies van die Suid-Afrikaanse Bosboumaatskappy (Safcol) grens, het die afgelope drie dae gehelp om brande wat na bewering deur stakende werkers gestig is, te probeer blus.

Me. Lorraine Haig, wat voorheen tussen Witrivier en Sabie geboer het en van die boere verteenwoordig, sê hulle is baie bekommerd oor die situasie.

“Sodra die boere wil gaan help om die brande te blus, word brande weer as vergelding op húl grond gestig,” vertel ’n bekommerde Haig. “Genadiglik is dit windstil die afgelope drie dae en dis baie koud, maar as toestande verander, kan die hele gebied afbrand.”

Sy sê die boere vra dat die Polisie strenger moet optree om beweerde kwaaddoeners te stuit.

Loongeskil
Volgens Haig volg die staking op ’n loongeskil tussen Safcol en die werkers. Mnr. Lesley Modimele, woordvoerder vir Safcol, sê ’n geskil is verklaar toe werkers ’n 15%-verhoging geëis het en die maatskappy 8% aangebied het. Die geskil is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys.

Haig vertel dat van die werkers wat die beweerde brande begin, T-hemde dra waarop staan “minimum 12% of nóg brande.” eBlockwatch berig dat hulle glo ook al gesofistikeerde brandbestrydingskameras vernietig en kabels gesny het.

Modimele sê tot dusver is verskeie bewerings gemaak dat van die stakende werkers brande stig in die plantasies en op privaat grond, maar nog geen bewyse hiervan kon gevind word nie. Hy sê dit is tans brandseisoen, en dit is hoekom daar nog na niemand vingers gewys kon word nie.

Interdik
Modimele sê hulle is bewus van die bewerings dat van die lede van die Food and Allied Workers Union (Fawu) wat staak, helpers en vrywilligers geïntimideer en verhinder het om te help. Die maatskappy het Woensdagaand (4 Julie 2012) ’n dringende hofinterdik teen dié werkers gekry.

“Van vanoggend af kan ons sien dat die vrywilligers en boere weer kom help en ons kon vandag al verskeie van die brande onder beheer bring,” vertel Modimele.

Die interdik is van toepassing op al die maatskappy se plantasies, wat ook plantasies in Limpopo en KwaZulu-Natal insluit. Modimele sê die Polisie is ook betrokke om die situasie te help hanteer.

Onderhandelinge oor die loongeskil gaan voort.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Goedgedacht

2012/07/05 04:52:32 PM

Daarsy! Afrika-logika.


Deon

2012/07/05 05:10:43 PM

Stuur net vir FAWU die rekening. Lyk my hulle het nog nie hulle les geleer met Stad Kaapstad se hofuitspraak. Hulle is te dom om te besef, as jy skade aanrig vir die maatskappy, is daar minder geld vir verhogings.


Klippies

2012/07/06 08:25:38 AM

Watter woord kan 'n mens aan sulke lede van die FAWU gee. Seker gepas om van kriminele te praat! Dit is gewis 'n kriminele oortreding as jy ander se persele betree om saakbeskadiging te pleeg. Geen regdenkende mens sal dit doen nie!


Charles

2012/07/06 09:21:47 PM

Verklaar hulle "vyande van die staat" en vervolg hul onder die wet op terrorisme: ekonomiese sabotasie - FAWU inkluis!


Brian

2012/07/07 05:12:51 PM

Dit is die selfde mentaliteit wat ons op skool in geskiedenis klas geleer het waar die Xhosas hulle eie mielies afgebrand het en hulle beeste geslag het sodat die witmense in die see gejaag kan word.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights