Deur ALANI JANEKE
5 Oktober 2012

1068 keer gelees | 3 kommentaar

Die landwye vervoerstaking en die nie-lewering van produkte na markte is ’n groot probleem vir veral groenteboere.


Die staking deur vragmotorbestuurders raak ’n groot probleem vir die vervoer van varsprodukte van plase na varsprodukte markte en supermarkte.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê hulle ontvang al hoe meer klagtes van boere wat met onafgelewerde varsprodukte op hulle plase sit.

“En soos julle weet, kan ’n mens die produkte net vir ’n paar dae lank in koelkamers hou voor dit begin afgaan. As die staking oor die naweek voortgaan, gaan die probleem baie groot raak,” aldus Möller. Veral groenteboere word nadelig geraak.

Handelaars waarsku oor voorraad

Intussen het Pick ’n Pay gewaarsku dat voorraad op sý rakke begin min raak weens die staking. Lede van die Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders en verwante werkers vakbond (SATAWU) staak al sowat twee weke, en verskeie voorvalle van geweld is landswyd al aangemeld.

Luidens ’n berig op Fin24.com sê die supermark die voorraad wat die meeste geraak word is varsprodukte en pluimvee. Sommige van die supermark se winkels in die middestad van Johannesburg het geen voorraad op hulle rakke nie, terwyl ander waarskuwings opgerig het om verbruikers te waarsku dat voorraad laag is.

Sommige van die bestuurders staak vir ’n salarisverhoging van 12%, terwyl van die werkgewers ’n verhoging van 8,5% vir volgende jaar en ’n verhoging van 0,5% vir die daaropvolgende jaar aanbied.

Bron: Fin24.com

 

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Liza

2012/10/05 10:46:47 AM

Ek wil graag n voorstel maak,kan ons nie terug na treinstelsel nie. 1st Gaan dit baie beteken vir pad instandhouding en veiligheid op pad.2de Gaan minder mense kan staak. Ek weet net "we are going no where slowly" Hul boikot hulle self nie net die land


lieze

2012/10/05 05:06:58 PM

Ek stem saam met Liza. Het lankal al vermoed die afskeep en opmors van die treinvervoerstelsel en die toename in vragmotorvervoer was gemik op werkskepping. In plaas van 'n paar treindrywers met 'n klomp treinwaens is dit nou net vragmotors: ELKEEN met 'n bestuurder. Vragmotors is waarskynlik die grootste bydraende faktor tot die onveiligheid op paaie en die Suid-Afrikaanse paaie is nie ontwerp vir die duisende swaar vragmotors (met SWAAR vragte)nie. (Terloops, die opmors van die busvervoerstelsel was ook maar net 'n wyse van werkskepping. Ses taxi's is nodig om dieselfde hoeveelheid passassiers te vervoer as een bus!!)


Gvs

2012/10/05 07:23:55 PM

Dit werk nou nie so eenvoudig nie , n trein kan nie in n land staan en wag om met n vrag vars groente gelaai te word en dan voor die oggend 5 uur by die mark afgelaai word nie ,

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights