Boere is bekommerd oor landelike veiligheid met die staking in die petroleumbedryf wat voorrade raak, aldus Agri SA.

Mnr. Andre Botha, die voorsitter van die organisasie se landelike veiligheidskomitee, sê hy is tans besig om met die polisie te skakel om vas te stel of ‘n tekort aan brandstof ‘n impak op patrolering en dies meer sal hê.

“En gaan dit ‘n impak hê op reaksie tye, en gaan ambulanse in staat wees om vinnig te reageer sou ‘n krisis voorkom”, sê Botha.

Hartseer
Botha sê die situasie wat tans voorkom in die land, maak hom hartseer.

“Ja, ek verstaan ons het almal die reg om te staak, maar dit moet met verantwoordelikheid gepaard gaan. As dit mense se veiligheid en gesondheid raak, en die ekonomie erg benadeel, moet dit gekeer word”.

“Hoe kan hierdie mense ander van regte ontneem wat hulle vir hulleself toe eien?” vra ‘n omgekrapte Botha.

Met brandstofvoorrade wat Woensdag (13 Julie 2011) in die sentrale deel van Gauteng begin opdroog het, verwag Botha dat dié tendens Donderdag (14 Julie 2011) na die landelike gebiede van dié provinsie, maar ook ander provinsies, sal uitbrei.

Noordwes
Intussen sê mnr. Ben Marais, voorsitter van TLU SA, die petrolpompe op Swartruggens, Ventersdorp en Koster wat Woensdag opgedroog het, is weer opgevul.

“Die koöperasies se depots het ook brandstof gekry, so gelukkig was die droogte nie te lank nie”.

Hy sê hulle monitor die situasie landwyd en tot dusver is minimale probleme aangemeld.

14 Julie 2011


Kommentaar

Een kommentaar op “Staking: Kommer oor veiligheid

  1. Jan de Wet
    Jan de Wet

    Hierdie staking is niks anders as n manier om die land verder op sy knieë te dwing. SA het seker van die mees ongeletterde werkers in die wêreld. Maar weereens as jy gewoond daaraan is dat jy met geweld alles regkry, dan kan ‘n mens nie minder verwag nie. Die ANC stel dan sulke mooi voorbeelde oor hoe diefstal van staatsgeld moet plaasvind. Ek beveel aan ons raak ontslae van swart arbeid en help ons eie boervolk wat sit en vergaan in plakkerskampe.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.