deur ALANI JANEKE
9 Oktober 2012

673 keer gelees | 0 kommentaar

Stakings lei moontlik tot duurder brandstof in November, aldus ekonoom.


Hoewel ekonome aan die begin van die maand verwag het dat die brandstofprys aanstaande maand moontlik kan daal, meen hulle nou die uitwerking wat die stakings op die ekonomie en rand het, kan tot ’n styging in die brandstofprys lei. Mnr. Dawie Roodt, senior ekonoom van die Efficient-groep, sê die hoogste vlak wat die rand Maandag 8 Oktober 2012 bereik het, was R8,99 teenoor die Amerikaanse dollar.

Volgens talle mediaberigte het die rand-dollarwisselkoers Maandag sy swakste vertoning sedert April 2009 aangeteken. Roodt het vroeër vandeesmaand aan Landbou.com gesê die brandstofprys kan in November met tussen 20c en 30c daal. Hy sê indien die wisselkoers vir die res van Oktober bly op die vlakke waar dit tans beweeg, kan ’n styging van tussen 5c en 10c per liter brandstof moontlik wees.

Roodt voorspel wel dat die rand binne “ ’n maand of twee” kan herstel tot sy vorige goeie lopie teenoor die dollar.

Produksie
Nog ’n ongunstige uitwerking wat die stakings op die land kan hê, is dat dit tot laer produksie van somergrane kan lei. Mnr. Dawie Maree, senior ekonoom van Agri SA, sê die moontlike verwagte brandstofprysstygings gaan voorkom wanneer party boere besig is om koring te stroop, terwyl ander boere somergrane sal aanplant – “soos in Mpumalanga, die Vrystaat, Noordwes en Limpopo”.

“As die dieselprys verder verhoog, gaan dit ’n paar boere laat herbesin oor hoeveel mielies hulle gaan plant, wat uiteindelik die land se produksie ongunstig kan beïnvloed,” verduidelik Maree. ’n Bykomende gevolg van hoër brandstofpryse sal ’n hoër koste vir die vervoer van kunsmis en ander spuitstowwe wees, wat produksiebesluite verder sal beïnvloed. 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights