Deur SUSAN BOTES
11 Oktober 2012

527 keer gelees | 0 kommentaar

Stamgrond moet in kommersiële plase verander word om toekomstige voedselsekerheid te verseker, meen die MPO.


Mnr. Bertus de Jongh, hoofbestuurder van die Melkprodusente-organisasie (MPO), sê die oostelike en suidelike kusgebied van Suid-Afrika is ideaal vir die melkbedryf, maar net 'n fraksie van dié gebied word vir kommersiële boerdery ingespan. “Dié gebied is byvoorbeeld net so groot soos Nieu-Seeland, wat die wêreld se grootste uitvoerder van melk is. As ons dié streek benut, kan dit beteken dat ons teen daardie land op die wêreldmark kan meeding.”

De Jongh sê huidige uitvoerneigings na Afrika is baie bemoedigend en daarom is die gedagte om 'n beduidende deel van die wêreldmark in te palm, nie vergesog nie.

Leë kosrakke
Hy sê ten spyte van tegnologiese vooruitgang sal die kommersiële landbou nie met die verwagte bevolkingsgroei van die volgende twee dekades kan tred hou nie. “Binne 'n vrye mark lei produksietekorte nie tot leë kosrakke nie, maar tot baie duur produkte. Ons sal oor twee dekades steeds kos hê, maar dit gaan onbekostigbaar duur wees.”

De Jongh sê die Regering sal moet herbesin oor sy grondbeleid. Pleks dat landbougrond van kommersiële boere deur grondhervorming oorgedra moet word, moet stamgrond aan kommersiële boere beskikbaar gestel word – ongeag die ras van die boer. “Só 'n stap sal ook ideaal wees vir die vestiging van nuwe kommersiële boere.”

Eienaarskap belangrik
Die provinsiale regering van KwaZulu-Natal het op Kwanalu se jaarlikse kongres in September 'n soortgelyke standpunt oor stamgrond gestel. Mnr. Pieter Miller, verteenwoordiger van die staat se Nasionale Beplanningskommissie, sê as deel van dié provinsie se planne wil hulle hê dat meer grond bewerk moet word. Op die oomblik word sowat 4,1 miljoen hektaar grond vir die landbou ingespan. Miller hoop dat dié syfer in 2030 op 5 miljoen hektaar kan staan.

Kwanalu het onlangs 'n verslag oor sy provinsiale grondoudit bekend gestel. Volgens dié verslag is die Ingonyama-trust die grootste eienaar van grond in die provinsie. Ongeveer 2,7 miljoen hektaar grond is in dié trust se besit, volgens die trust se webwerf. Miller sal graag wil hê dat dié grond deur die bewoners van die grond bewerk moet word.

De Jongh sê dit is baie belangrik dat grond met eienaarskap gepaard moet gaan, want andersins gaan dit nooit na behore benut word nie.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights