Deur ALANI JANEKE
31 Oktober 2012

331 keer gelees | 2 kommentaar

Die aantal renosters wat dié jaar in Suid-Afrika vir hul horings afgemaai is, het in twee weke met 33 gestyg.


Syfers oor renosterstroping wat op 16 Oktober vanjaar deur die Departement van Omgewingsake uitgereik is, het getoon dat 455 renosters tot op dié datum van kant gemaak is. Dié syfer staan volgens die nuutste verslag, wat Dinsdag (30 Oktober) aan die media gestuur is, op 488 renosters.
 
Dít is ’n styging van 33 oor ’n tydperk van twee weke. Volgens die statistiek word een renoster elke 15 uur in die land doodgemaak.
 
Die syfer vir die eerste 10 maande van die jaar is reeds aansienlik hoër as die totale vir 2010 en 2011 wat onderskeidelik 333 en 448 was.
 
Kruger Nasionale Park
Die Kruger-park is steeds ’n groot brandpunt met die meeste renosters – 296 – wat in die park doodgemaak is. In KwaZulu-Natal, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga is onderskeidelik 57, 52, 49 en 21 renosters  deur stropers aangeval.
 
Altesaam 214 verdagtes is reeds vanjaar in verband met stroping en verwante misdade aangekeer. Die meeste van hulle, 57 en 52, is in Mpumalanga en die Kruger-park vasgetrek.
 
Die departement doen steeds ’n beroep op lede van die publiek om deel te word van die stryd teen stroping deur enige inligting wat stroping kan voorkom of wat kan help om verdagtes aan te keer, tel. 0800 205 005 aan te meld.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hennie van der Merwe

2012/10/31 09:43:16 AM

Sedert 16 Oktober is 33 renosters dood en nie 23 soos aangedui nie (488 - 455 = 33).


corlivdm

2012/10/31 10:13:14 AM

Genade Hennie, lyk my ons kan nie tel nie! Die regstelling is gemaak, baie dankie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights