30 Julie 2012

395 keer gelees | 0 kommentaar

Die Landbou-groep Suidwes het sy wins vir die boekjaar geëindig 30 April 2012 met 27,6% van R88,2 miljoen tot R112,6 miljoen laat styg.


Die groep se omset het met 27,9% van R1,6 miljard tot R2,048 miljard gestyg.

Mnr. Pierre Vercuiel, voorsitter van die direksie, sê dié resultaat is behaal ten spyte van moeilike landboutoestande – veral in die tweede helfte van die verslagjaar. “Die goeie resultate is behaal deurdat die grondprofiel danksy die goeie voorseisoen-reën baie nat was. Opbrengste was dus steeds bo verwagting goed, ten spyte van lae reënval wat deur die gebied voorgekom het.”

Vercuiel sê die goeie resultate is te danke aan verbeterde prestasies van al Suidwes se afdelings, veral die handelsdivisie. Dié prestasie hou met verhoogde aanplantings verband.

Die groep, met sy hoofkantoor in Leeudoringstad, het 'n dividend van 15 sent per aandeel verklaar. Verlede jaar is 'n finale dividend van 13 sent per aandeel verklaar.

Die maatskappy se wesensverdienste per aandeel het met 30,5% van 53,1 sent tot 69,3 sent gestyg. Sy netto batewarde het met 13,7% van 394,1 sent per aandeel tot 448 sent per aandeel toegeneem.

Vercuiel meen dat die huidige droë toestande 'n demper kan plaas op die vooruitsigte vir die komende seisoen.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights