Deur ALANI JANEKE
16 Julie 2012

1662 keer gelees | 1 kommentaar

Boere in die Langkloof is baie dankbaar dat herstelwerk wat ná 2007 se vloede gedoen is, dié naweek swaar reën oor ’n tydperk van 24 uur kon hanteer.


“Ek dink dit is ’n reuse-pluimpie vir die ouens wat die herstelwerk gedoen het dat damwalle, brûe, ensovoorts dié naweek massas water kon hanteer,” aldus mnr. André de Wit, voorsitter van die Langkloof-boerevereniging. Hy sê hy het Saterdag (14 Julie 2012) sowat 300mm reën binne ’n kwessie van 24 uur gemeet.
 
“Boere in die Albertina-omgewing het in dieselfde tyd tot 400mm gemeet,” vertel De Wit.
 
Die Langkloof, wat bekend is vir die vrugte wat daar geproduseer word, is byna lamgelê ná vloedwaters in 2007 die vallei in ’n krisis gedompel het. De Wit sê tydens dié vloed is 560mm reën binne ’n kwessie van 40 uur gemeet.
 
Goeie toets
“Ek dink die naweek se swaar reën en gevolglike watermassa was ’n goeie toets vir die werk wat al ná 2007 gedoen is. Ja, daar is hier en daar bome wat omgewaai het of ’n dak wat afgewaai het, maar dit is nie naastenby so erg soos 2007 nie,” vertel De Wit.
 
Verskeie boere het weens sloering met uitbetaling van vloedhulp aan die vallei self kontrakteurs aangestel om herstelwerk te doen.
 
De Wit sê intussen is ’n finale opname oor al 2007 se die skade, Vrydag (13 Julie 2012) na Agri SA en die Departement vanLandbou, Bosbou en Visserye gestuur vir finale goedkeuring. Die departement het vroeër vanjaar onderneem om die proses om die vloedgeld aan die vallei toe te ken, met erns aan te pak.
 
“Ons is vol hoop dat ’n uitkoms nou sal kom,” aldus De Wit.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Andrew Reeders

2012/07/17 09:05:22 AM

Die artikel bedoel sekerlik Joubertina, sover my kennis strek is Albertina nie in die Langkloof gelee nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights