Deur ONA VILJOEN
4 Oktober 2012

437 keer gelees | 1 kommentaar

Die wolmark tel weer sy kop op en is op sy hoogste vlak vir die seisoen.


Die swakker rand het wolpryse op dié week se veiling ’n hupstoot gegee en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 1,5% gestyg tot R89,44/kg (skoon) – die hoogste vlak vir die seisoen.

Die mark vertoon sover redelik goed ondanks die moeilike sake-omgewing en die aanwyser beweeg sedert die opening van die seisoen rondom die vlak van R88/kg.            

Die rand het teenoor die Amerikaanse dollar verswak en die gemiddelde koers was 2,6% laer vergeleke met verlede week, wat pryse ondersteun het.    

Dit was ’n effens groter aanbod as die afgelope paar weke toe 8 726 bale is aangebied waarvan 98% verkoop is.      

Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 18 mikron was 1% duurder op R99,26/kg, 19 mikron was ’n marginale 0,3% goedkoper op R96,14/kg, 20 mikron was 0,8% duurder op R90,98/kg, 21 mikron styg met 0,7% tot R89,34/kg, maar 22 mikron sak met 0,3% terug om op R86,61/kg te sluit.          

Sowat 6 500 bale sal volgende week onder die hamer kom.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Aneline

2012/11/19 12:20:15 PM

More. Al enige nuus oor die wolpryse van die veiling op 14 Augustus?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights