Deur ALANI JANEKE
30 Julie 2012

824 keer gelees | 1 kommentaar

’n Swart boer wat in 2008 sy mangoplaas weens besetting verloor het, wag nou al vier jaar op die staat om hom vir sy grond te vergoed.


Sowat R2,6 miljoen en ’n stuk grond om te huur. Dit is die belofte van die Grondeisekommissaris in Limpopo aan mnr. Whiskey Kgabo. Kgabo wag al sedert 2008 dat die staat hom moet vergoed vir die mangoplaas wat hy verloor het nadat besetters die plaas oorgeneem het.
 
Die besetters het die grond oorgeneem omdat hulle gemeen het die staat vat te lank om die grondeis wat hulle op die grond ingestel het, af te handel. Kgabo sê kort voor die besetting het ’n plaaslike bankgroep die plaas op R2,7 miljoen gewaardeer.
 
Kgabo en sy gesin is sewe dae gegee om die plaas te ontruim. Die staat het hom aangeraai om dit te doen en aan hom gesê dat hy vir die plaas vergoed sou word.
 
R765 000
Verlede jaar het die staat hom genader met ’n aanbod van R765 000 vir die plaas van 65 ha naby Trichardtsdal. Dié aanbod was glo gegrond op ’n waardasie wat verlede jaar gedoen is, nadat alles op die plaas glo verwoes en afgebreek is.
 
Kgabo het vasgeskop en geweier om die aanbod te aanvaar. Hy het Maandag (30 Julie 2012) aan Landbou.com gesê die staat het hom onlangs ingelig dat die saak binne twee maande afgehandel sal wees. Die volle bedrag sal aan hom uitbetaal word, terwyl hy ook die opsie gebied sou word om ’n stuk grond te huur.

“Die staat moet nou vir my die geld en die grond gee. Ek sal nie die grond vat as vergoeding as die staat my minder geld gee nie,” sê ’n gefrustreerde Kgabo. Hy het die plaas in 1992 gekoop.
 
400 boere geboelie
Intussen sê Agri SA hy het ’n lys van meer as 400 boere wat sowat 60% van die markwaarde van hul grond van die staat moes aanvaar. Luidens ’n berig in Volksblad is talle van die boere sonder ’n heenkome of inkomste, omdat die koopprys net hul skuld gedelg het, terwyl hul spaargeld en pensioen in die plaas belê is.
 
Volgens ’n anonieme piesangboer het hy ’n kontrak met die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming onderteken nadat sy grond waardeer is. Dit het gevolg nadat die staat ’n aanbod gelykstaande aan die markwaarde aan hom gemaak het.
 
Maande later is hy in kennis gestel dat slegs 60% van die geld uitbetaal sal word, want die transaksie is onderhewig aan goedkeuring van die Minister van Landbou en die minister het dit afgekeur.

“Hulle sê net eenvoudig daar is nie genoeg geld om die grond mee te koop nie en dit is hoe dit is.” Dié boer sê hoewel die staat sê jy ’n hof kan nader as jy ontevrede is met die situasie, sloer dit jare lank en kos dit baie geld, terwyl jy moontlik reeds in ander transaksies betrokke is.
 
Bron: Volksblad
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Klippies Kritzinger

2012/07/30 04:03:11 PM

Soos ek die Staat ken, gaan hy nog 10 jaar wag!Iemand doen nie sy/haar werk nie! Stel maar ondersoek in! Statistiek soos op TV genoem, sê dat 70% van alle staatsinstellings se personeel is onbevoeg om die werk te doen. Kyk na die Ouditeur-generaal se verslag alleen wat onbevoegde munisipaliteite betref.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights