Deur ALANI JANEKE
11 September 2012

1375 keer gelees | 0 kommentaar

’n Swartwitpens genaamd Charlie is die afgelope naweek op ’n veiling in Limpopo vir R12,2 miljoen verkoop.


’n Agt jaar oue swartwitpens het die afgelope naweek die hoogste prys nóg vir een van dié bokke behaal. Charlie is vir die reuse-bedrag van R12,2 miljoen op ’n wildveiling op Gravelotte in Limpopo verkoop.
 
Mnr. Piet Warren, ’n bekende in wildkringe, het Charlie geteel. Een van Warren se swartwitpense, Piet, is dié week op Landbouweekblad se voorblad te sien. Mnr. Andries Gouws, joernalis vir die tydskrif, sê Piet is nie te koop nie. ’n Artikel oor Warren se boerdery, waarin onder meer oor Charlie berig word, verskyn op bl. 26 van Landbouweekblad van 14 September 2012.
 
Luidens ’n berig in Beeld het Warren 58 swartwitpense vir R87,9 miljoen op dié veiling verkoop.
 
Vier boere
Mnr. Piet du Toit, ’n bekende wildboer, en drie vennote het Charlie, met horings wat 127cm lank is, gekoop. Du Toit het verlede week saam met twee ander wildboere ’n buffelbul op ’n wildveiling naby Bela-Bela vir R26 miljoen gekoop.
 
Mnr. Willie Roux, afslaer van Vleissentraal Bosveld, sê die vorige rekordprys vir ’n swartwitpens was R3 miljoen.
 
Charlie is van ’n suiwer Zambiese bloedlyn. “Ek ly nog aan skok. Dit gaan baie, baie goed met my. Ek sou nooit kon droom dat die diere vir soveel verkoop sou word nie,” aldus Warren.
 
Bron: Beeld
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights