Enorme sinkgat ontstaan op plaas

Deur Corli van der Merwe
9 Januarie 2017
Motoriste moet versigtig bestuur op die R31 tussen Daniëlskuil en Kuruman, nadat ’n enorme sinkgat op ’n plaas naby dié pad ontstaan het.

‘n Sinkgat van 100m lank, wat op plekke tot 30m diep is en 10m wyd is, het op die grond van mnr. Andries van Zyl op die plaas Mount Carmel tussen Kuruman en Daniëlskuil ontstaan.

Netwerk24 berig dié enorme sinkgat is moontlik die gevolg van goeie reën wat die afgelope paar weke in dié gebied geval het, sowel as die teenwoordigheid van dolomietformasies in die omgewing, wat soms tot sinkgate kan lei. Volgens Van Zyl het hy reeds meer as 170mm reën op sy plaas gemeet.

Die sinkgat was aanvanklik net ‘n kraak in die grond maar het binne twee uur in ‘n sinkgat verander. Die gat is in die nabyheid van die R31 wat tussen Kuruman en Daniëlskuil loop.

Motoriste behoort versigtig op paaie in dié omgewing te bestuur, aangesien sinkgate vinnig kan ontstaan en tot ongelukke kan lei.

Kyk hier na ‘n video van die sinkgat.

Bron: Netwerk24


Kommentaar

Kommentaar (5) “Enorme sinkgat ontstaan op plaas

  1. Brakanjan
    Brakanjan

    Waarheen gaan daai water? Soos dit vir my lyk styg die water in die video nie in die laaaaaaang gat nie. Iewers is daar ‘n groter grot onder daai sinkgat!

  2. Corli van der Merwe
    Corli van der Merwe

    Brakanjan, die omgewing daar het baie dolomietformasies wat soms kamers en oop spasies ondergronds veroorsaak. So die water syfer deur die krake, tot die onder so oopgekalwe is dat die hele storie inmekaar val. Daar is dus van tyd tot tyd sinkgate, natuurlik veral as dit goed gereën het.

  3. Brakanjan
    Brakanjan

    Aan Corli van der Merwe, baie dankie vir u gawe antwoord. Wat u verduidelik is soortgelyk wat ek ook hier in Centurion en Lyttelton area in Gauteng sien waar daar ook baie dolomiet is. As ons nou die sinkgate kan skuif dat hul onder sekere politici kan wees en hulle vir altyd insluk, sal ek darem baie bly wees. ;-) Corli, weereens dankie vir u antwoord. Als van die beste vir u.

  4. Phillip
    Phillip

    Nee man! Daai sloot/gat het Miljoene Jare geneem om te vorm.

  5. Brandon
    Brandon

    Ek sê dis die geskiedenis wat nou sy gang gaan in die omgewing tussen die leeu kuil, boesmangat, die oog en die wonderwerk grotte


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels