deur LUCILLE BOTHA
1 Oktober 2012

704 keer gelees | 0 kommentaar

Verskeie wildsoorte is teen hoë pryse verkoop en rekords het aan skerwe gespat by die onlangse Thabazimbi wild-veiling.


'n Zambiese swartwitpensteelbul met horings van 48 duim, Dinaka, is op Thaba Tholo-wildplaas se veiling op Thabazimbi teen R7,1 miljoen verkoop. Die kopers is mnr. Johan Bosch van Modimolle en die Shelantiwildplaas, Marken. Die omset op die veiling was boonop net minder as R136 miljoen – die naashoogste in die geskiedenis op ’n Suid-Afrikaanse wildveiling.

Rekordpryse
Verskeie wildsoorte is teen hoë pryse verkoop en ’n paar rekords het aan skerwe gespat. ’n Teelgroep bosbokke het ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord van R13 250 stuk behaal. Mnr. Norman Adami van Brits was die koper. Twee dragtige Matetsi-swartwitpenskoeie met speenkalwers is teen R530 000 per paar verkoop. Robedi Game Breeders, Mookgophong, was die koper.

’n Anonieme bieër het ook per telefoon R1,7 miljoen op ’n buffeljagtog gebie. Dit sal ook in die rekordboeke aangeteken word. Die buffel, met ’n horingspan van meer as 49,5 duim, is vir jagdoeleindes op die veiling aangebied. “Die bul is elf tot twaalf jaar oud en is vir trofeejag beskikbaar omdat hy nie kan voortplant nie. Die bestuur by Thaba Tholo het besluit dit is beter vir die bedryf om die bul uit die stelsel te verwyder sodat dit nie verkeerdelik as teelbul verkoop word nie,” lui ’n mediaverklaring. Die bieër sal binne die volgende ses maande sowat een tot twee weke op die 35 000 ha wildplaas deurbring om die buffel in sy natuurlike omgewing te jag.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights