Menu
 

Deur ALANI JANEKE
21 Januarie 2013

1613 keer gelees | 9 kommentaar

Die mees onlangse uitbreking van Afrika-perdesiekte (AHS) het tot die vrekte van sowat 80 perde in die Oos-Kaap gelei.


Die kwessie van beweerde ondoeltreffende entstof steek weer sy kop uit nadat talle perde, wat glo ingeënt was teen AHS, in die Oos-Kaap gevrek het. Die Demokratiese Alliansie (DA) sê sowat 80 perde het in die bestek van twee maande aan dié siekte gevrek in die distrik Keimond en Kouga. Inligting dat uitbrekings ook in Gauteng en KwaZulu-Natal voorkom, is ook ontvang.
 
Luidens ’n verklaring het me. Annette Steyn, woordvoerder vir die party, verlede week die distrik Keimond besoek om meer inligting in te win. Een van die perde-eienaars waarmee sy gepraat het, het ses van haar 27 perde oor ’n tydperk van vyf weke verloor. Al ses perde was ingeënt.
 
Volgens Steyn is dit duidelik dat van die perde-eienaars nie meer entstowwe wat van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) afkomstig is, vertrou nie. Sy sê dit is uiters kommerwekkend dat perde wat ingeënt is, ook vrek. “In sommige gevalle word vermoed dat dit selfs die entstof was wat veroorsaak het dat die perde AHS kry.”
 
OIE-verslag
Steyn is van plan om vrae aan me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, te stel aangaande die verslag wat die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) saamgestel het ná ’n besoek aan die land. “Dié verslag sal ons ’n robuuste oorsig gee oor dieregesondheidskwessies in Suid-Afrika.”
 
Die party het verlede jaar reeds begin om openbare bewusmaking te skep vir akkurate data en entstofnavorsing aangaande AHS en ander siektes in die land. “Dit is van kritiee belang dat doeltreffende entstowwe ontwikkel moet word. Daarbenewens moet akkurate data bygehou word en die departement se webtuiste moet opgedateer word om aan te dui waar die nuutste uitbrekings is en watter voorkomende maatreëls gevolg moet word. Die laaste uitbreking wat aangeteken is, was aan die begin van 2011.”
 
“Dit is tyd dat Joemat-Pettersson begin optree oor probleme met dieresiektes in Suid-Afrika. Sy kan nie langer haar kop in die sand begrawe nie,” aldus Steyn.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Theunis Buys

2013/01/22 08:49:13 AM

Die manier waarop Perdesiekte entstof gebruik word moet ook ondersoek word.Ek is self `n perde boer en gebruik al vir 30 jaar onderstepoort se entstof met vrug.Daar word vinnig vingers gewys na die entstof maae het al male sonder tal gesien hoe selfs veeartse die entstof in die voertuig laai sonder om dit koel te hou. Die entstof is `n lewendige entstof en moet dus koel gehou word .Moet ek meer se


Elardus Engelbrecht

2013/01/22 09:28:47 AM

Dankie Theunis vir jou bydrae. Bo en behalwe die koueketting vanaf die fabriek tot by die perd self wat behoorlik in stand gehou moet word, meen ek ook die regte soort serotipe moet behandel word. Net 'n veearts kan vir jou vertel watter serotipe is betrokke en kan dan die regte middel + metode aanbeveel. (Nota: Ek is nie 'n boer of 'n veearts nie.)


Etna

2013/01/22 10:02:44 AM

Ek wil graag net perdeboere in kennis stel dat ons 'n Kruiekapsule(natuurlike medisyne) het wat wel perdesiekte genees as dit vroeg genoeg toegedien word.


Della

2013/01/22 02:55:59 PM

Hi Etna waar kan n mens van die kapsule koop?


Etna

2013/01/24 10:07:18 AM

My selnommer is 0837226215


Ryperd

2013/01/24 02:45:30 PM

Theunis, dit is nou 'n baie kortsigtige opmerking. Het jy enige idee hoeveel perde vrek ten spyte daarvan dat die koueketting behou word? Gaan vergewis julleself bietjie van die feite hier: http://www.ahschallenge.co.za/ Dit gaan oor veel meer as net entstof se koel hou


Mercia

2013/01/24 09:12:12 PM

Theunis ek is een van 3000 lede op die fb groep Ahs The Equine Challenge wat probeme ondervind met die entstof se effektiewe werking. Ek woon 22 km van OP af, so die nakoming van die koueketting is nie die probleem nie, die enstof is. Miskien weet jy iets wat ons nie weet nie - lig ons asb in. Ons is perde telers en redelik siek vir jaarlikse sterftes van ten volle ingeente diere ondanks alle moontlike voorsorg wat getref word.Ek het gister weer 'n perd verloor.Dankie Annette wens net meer mense wil hulle koppe uit die sand haal en die probleem aanspreek.


Mercia

2013/01/24 09:15:41 PM

Elardus daar is 9 serotipes en word as 'n bottel 1 en bottel 2 verkoop met verskillende serotipe kombinasies. Jy moet elke jaar vir al die serotipes ent, want g'n mens weet waarvoor immuniteit bereik is nie. Verder weet jy eers watter serotipe jou perd mee besmet is wanneer jy bloedtoetse ERC toe stuur vir toetese. Teen die tyd dat jy weet wat die serotipe is, is jou perd lankal dood. Jy kan ook nie elke serotipe op sy eie koop nie.


corne myburgh

2013/01/28 08:17:38 AM

Lees bietjie die artikel.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 15/04/14 22/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3446c 3452c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1719c 1726c down 0.4
Skaapvleis A2/A3 4709c 4730c down 0.4
Varkvleis (gem. prys) 2132c 2119c down -0.6
Braaikuikens 1721c 1729c down 0.5

Aandele