Deur ALANI JANEKE
29 Junie 2012

1466 keer gelees | 6 kommentaar

“Ons dien ’n groot God” is een van die gedagtes wat me. Tina Joemat-Pettersson met Agri SA gedeel het ná die ANC onteiening van die tafel gevee het.


“Redelikheid het geseëvier. Ons dien ’n groot God, en ons baie dank aan hom verskuldig.”

Dit was van die gedagtes wat me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Donderdag (28 Junie 2012) met dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, gedeel het ná ’n besluit oor grondhervorming op die ANC se beleidskongres in Midrand geneem is.

De Jager sê die inligting wat aan hulle meegedeel is, het aangedui dat onteiening sonder vergoeding “ferm van die tafel gevee is.” Verder is besluit dat die Grondwet nié verander sal word om grondhervorming te bespoedig nie. Die minister, wat die voorsitter van die kommissie was, was glo effe benoud oor watter besluite geneem kón word.

De Jager sê die landbou haal nou dieper asem oor die kwessie, “maar ’n mens kan ook nie te gerus wees voor die resolusie op die party se kongres in Mangaung in Desember aanvaar en ingestem word nie.”

President en ministers

Pres. Jacob Zuma, mnr. Kgalema Motlanthe, sy adjunk, en mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, het ook die goeie nuus met De Jager en mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, gedeel. Motlanthe het gesê dat boere asseblief hul goeie werk moet voortsit.

Nkwinti het die landbou versoek om beleggers terug te lok na Suid-Afrika. “Hy ’t gesê, ons het nou ons deel gedoen, nou moet julle jul deel doen en die beleggers begin terugkry,” sê De Jager. “Ek het aan hom gesê dit gaan nie so maklik wees nie. Kapitaal is soos ’n koedoe, as hy eers geskrik het, staan hy vir ’n lang tyd en kyk voor hy weer ’n kans waag.”

Groenskrif
Volgens De Jager beteken die besluite oor hervorming nié dat die groenskrif oor grondhervorming van die tafel is nie. Dié dokument is in die onderhandelinge gebruik.

Wat die beleid oor ’n vrywillige koper en ’n vrywillige verkoper betref, sê De Jager dit wil voorkom of ’n “Babelse verwarring” tans daaroor bestaan, want hy het ’n wye verskeidenheid van verskillende antwoorde uit verskillende oorde ontvang.

 “Die volume daarop is wel afgedraai, want in Polokwane is besluit dit moet geskrap word, terwyl Zuma in sy openingstoespraak op dié kongres gesê het dit moet heroorweeg word.”

Die party sal Vrydag (29 Junie 2012) op die laaste dag van die kongres meer terugvoering oor die besprekingsbesluite gee.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/06/29 02:33:04 PM

Me Tina - as julle die land se regstelsel respekteer, en daarmee saam die grondwet - en met 'n Godvresende gesindheid soos hierbo -, sal hierdie land se boere almal spekvet voer.


Cattle Baron

2012/06/29 04:00:02 PM

Me Die Minister - al gaan ons protein verbouers nie nou skielik "party" en met volle gemoedsrus die toekoms betree is dit darem n sonnestraal in die hemel om sulke realistiese uitsprake en besluite van die grootkoppe to waarneem. Hou so aan, die van ons leierspan, en ons sal aanhou sorg vir die fillet steak by die politiese "working lunches".


Joyce Fouche

2012/06/29 04:49:31 PM

Ten eerste dank aan die Almagtige Vader vir hierdie uitlating. Dankie aan Me Tine en die lede wat deel aan de besluit gehad het. On wag in spanning vir die uitlsae by die Kongres later vanjaar.


Dyn

2012/06/30 02:47:24 AM

Moet nie te gou bly raak nie. Die ideologiese doel van die jong swart massa is steeds om grond sonder enige vergoeding te vat om 'n bestaansboerdery van soorte te begin. Dis hier waar die streep in die land se geskiedenis getrek gaan word - vergeet van onderhandelings en die grondwet en mooi praatjies - net die tyd sal leer hoe grondeienaars gaan reageer as 'n massa spul mense op hulle grond toesak en hulle met mag en geweld daarvan wil verdryf.


Johnny Lerm

2012/06/30 04:37:20 AM

Dis ontdekbaar dat daar mense is wat dink dat grond onderverdeel kan word, terwyl die ekonomiese realiteit is dat eenhede minder/grootter word om kop bo water te hou. In die vroeë 80`s, in die Landbou-ekonomie klas aan US, het ek besef dat al kry ek grond verniet, sonder kapitaal om te ontwikkel, is so ’n eenheid gedoem tot onproduktiewe landbou grond. Nee, ek boer eerder op ’n ander manier- deur tegniese waarder tot my produsente by te voeg en daarvoor benodig ’n mens net genoeg bruinstof tussen die ore wat die einste GOD vir jou gee!!


Andre van der Bank

2012/07/01 09:58:11 PM

Ek dank die Hemelse Vader vir mense soos Theo de Jager en almal wat die stryd namens die boere (en ons land) voer.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights