Deur JOYLENE VAN WYK
12 September 2012

680 keer gelees | 0 kommentaar

Min. Tina Joemat-Pettersson is in die sop ná sy glo nie vir 'n voorlegging by die Parlement opgedaag het nie.


Oorontsteking het me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, weer in die moeilikheid laat beland by die Parlement se Portefeuljekomitee oor Landbou. Joemat-Pettersson was veronderstel om ’n voorlegging te doen oor die kort-, medium, en langtermynplanne vir die bestuur van die visserye-afdeling.

Sy het ’n vorige vergadering oor hierdie afdeling ook nie bygewoon nie. Mnr. Pieter van Dalen, DA-LP, het gesê dat sy die komitee minag.

“Dit is die tweede keer dat sy kanselleer. Ons het ’n oorsigrol en die minister sal tot verantwoording geroep moet word. Dit is  ons grondwetlike reg om oorsig oor haar te doen.”

Mnr. Nqaba Bhanga, Cope-LP, het daarop gewys dat pres. Jacob Zuma dit duidelik gemaak het dat die Parlement die belangrikste huis is wat ministers moet respekteer.

“Ons sal voortgaan om ’n tandlose komitee in die oë van die minister te wees as ons nie ons voet neersit en aandring dat ons as die Parlement gerespekteer word nie. Politici gebruik ons net vir die goed wat hulle wil hê ons moet doen.”

Tina 'hardloop weg'
’n Baie ontstelde Bhanga het verder gesê dat die komitee Joemat-Pettersson versoek het om voor hulle te verskyn en “nou bly sy weghardloop ná al die chaos en probleme wat plaasgevind het”.

Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir landbou, het benadruk dat dit onaanvaarbaar is dat die minister hulle die oggend voor die vergadering inlig dat sy nie gaan opdaag nie.

Joemat-Pettersson het glo versoek om die gekose komitee wat met landbou belas is, te woord te staan. Maar dié komitee is ook nou kwaad omdat sy nie eens daar opgedaag het nie. Sy was wel later die middag in die Nasionale Vergadering vir die debat oor die wysigings aan die Wet op Veterinêre en Para-veterinêre Beroepe (Wet 19 van 1982).

Sy het glo Maandagaand per motor uit Pretoria na Kaapstad gereis. Me. Palesa Mokomele, die minister se woordvoerder, het gesê dat sy middeloorontsteking het en dat haar dokter haar aangesê het om liefs nie te vlieg nie. Sedert die Kabinetslekgotla maak Joemat-Pettersson van haar voertuig gebruik om afsprake oor die land heen na te kom.

Komiteelede het ook ’n hap na haar adjunk, dr. Pieter Mulder, gevat omdat hy nie by die komitee was nie.
Mulder het op die sosiale netwerk twitter gesê dat hy in Noordwes is en nie deel van die visserye-voorlegging is nie.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights