Deur JOYLENE VAN WYK
30 Mei 2012

1911 keer gelees | 1 kommentaar

Goudgeel T-hemde wat met belastinggeld laat druk is om ‘n ANC-veldtog ‘n hupstoot te gee, is nóg ‘n beweerde ongerymdheid voor die deur van die Minister van Landbou.


Goudgeel T-hemde wat met belastinggeld laat druk is om ‘n ANC-veldtog ‘n hupstoot te gee, is nóg ‘n beweerde ongerymdheid wat voor die deur van me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, gelê word.

In ‘n parlementêre antwoord dui sy aan dat haar departement verlede jaar meer as R180 000 tussen September and November op openbare vergaderings in Wupperthal en Clanwilliam bestee het.

Mnr. Pieter van Dalen, die DA se adjunkwoordvoerder vir landbou, bosbou en visserye, meen egter dat die geld bestee is op ANC T-hemde wat aan voornemende kiesers uitgedeel is.

Mnr. Rams Mabote, Joemat-Pettersson se spesiale adviseur, sê egter dat hierdie vergaderings deel van die Regering se program vir openbare deelname en uitreike na gemeenskappe was. Die minister was die hoofspreker en die geld is op ‘n klanktoestel, kos en die T-hemde bestee, sê hy.

‘Deur saam te werk’
Die departement het sy openbare vergaderings in die weke voor die geskeduleerde tussenverkiesings van 7 September en 9 November gehou. Volgens Van Dalen is altesaam 1000 T-hemde met die ANC-slagspreuk, “Deur saam te werk kan ons beter gemeenskappe deur visserye bou”, aan inwoners uitgedeel.

“Hierdie is duidelike misbruik van openbare geld vir politiekeparty doeleindes.”

Hierdie kwessie sal ook nou soos twee ander kwessies wat die DA al geopper het, aan die Openbare Beskermer vir ondersoek gestuur word.

Mabote erken dat die T-hemde inderdaad eiergeel was met die slagspreuk en die gesig van pres. Jacob Zuma daarop. “Dit is ‘n volslae leuen dat hierdie ANC t-hemde was. Van Dalen moet dit bewys en nie ongegronde bewerings maak nie.”

Hy het gesê die ministerie kan nie verantwoordelik gehou word vir Van Dalen se afkeer in “helder geel” T-hemde nie en die verband wat hy tussen die kleur van die T-hemde en die kleure van die ANC maak nie.

30 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van blerk

2012/05/30 10:02:24 AM

Ai Tinatjie - kan jy oor die weg kom sonder om jou voet in die bollie te sit?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights