Deur JOYLENE VAN WYK
21 September 2012

1254 keer gelees | 0 kommentaar

Die mediawoordvoerder van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is geskors omdat hy met die media gepraat het.


Mnr. Selby Bokaba, woordvoerder van die departement, is geskors omdat hy glo sonder toestemming met die media gepraat het. Die skorsing is deur die departement aan Landbouweekblad bevestig. Me. Ronika Ramanand, private sekretaris van me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, is na bewering ook geskors oor die uitlek van inligting.

Bokaba is glo geskors omdat hy sonder die nodige toestemming met die media gepraat het én omdat hy ’n beampte van die Openbare Beskermer (OB) te woord gestaan het wat ondersoek doen na verskeie klagtes wat die DA teen Joemat-Pettersson gelê het.

Mnr. Steve Galane, ook ’n woordvoerder van die departement, het gesê dat hulle nie nou wil uitwei oor die rede vir Bokaba se skorsing nie, maar het die skorsing wel bevestig.

Landbouweekblad verstaan verder dat die beampte van die OB Bokaba in sy e-posse met die departement ingesluit het. Dit word nou as rede aangevoer omdat dit die “onafhanklikheid van die ondersoekbeampte” in die gedrang bring.
Joemat-Pettersson het vroeër van haar direkteur-generaal, mnr. Langa Zita, en haar adviseur, mnr. Rams Mabote, ontslae geraak.

Zita is geskors oor ’n “administratiewe kwessie” en Mabote het bedank nadat hy daarvan beskuldig is dat hy onder meer inligting uitgelek het. Me. Palesa Mokomele, die minister se woordvoerder, het vroeër aangedui dat die minister en Zita ooreengekom het dat hul paaie moet skei.

Die herbepaling van Zita se kontrak is deur mnr. Malusi Gigaba, die Minister van Openbare Diens en Administrasie, goedgekeur. Zita se vergoedingspakket word deur die Departement van Openbare Dienste en Administrasie bepaal.
Makomele het nie gereageer op Landbouweekblad se navrae oor Ramanand se beweerde skorsing nie.

Landbouweekblad het verder bevestig dat dr. Mono Mashaba, die Adjunk-direkteur-generaal van Visserye, bedank het.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights