Deur ALANI JANEKE
11 Junie 2012

1079 keer gelees | 8 kommentaar

’n Eer het me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, te beurt geval toe sy in Frankryk tot ridder geslaan is.


Luidens ’n mediaverklaring sê die departement die minister het die “Chevalier de l’Ordre du Mérite Agricole” van mnr. Bruno le Maire, die Franse minister van landbou, voedsel, visserye en landelike beleid ontvang.

Dié eer is aan haar toegeken vir die “diens wat sy aan die landbou lewer”, en dis spesifiek gemik op die aantal werksgeleenthede wat in 2011 en begin vanjaar in die landbou geskep is. Volgens Statistieke SA se kwartaallikse verslae oor werksgeleenthede is 656 000 werksgeleenthede in die landbou in die laaste twee kwartale van verlede jaar en die eerste kwartaal van vanjaar geskep. Die departement se arbeidsyfers het sedert die 1970’s glo jaarliks verliese aangeteken.

Betroubaar
Agri SA en die TLU SA die minister met dié prestasie gelukgewens. Mnr. Dawie Maree, kommersiële bestuurder van Agri SA, sê daar hang vraagtekens oor die geldigheid van dié syfers “hoewel Statistieke SA ’n betroubare bron is.”

Maree sê volgens die minister is dié werksgeleenthede grootliks in kleinboere se bedrywe geskep, maar die boodskap wat Agri SA vanaf grondvlak kry, is dat al hoe minder werksgeleenthede op plase beskikbaar is. “As ons luister na wat in die veld gebeur, word werksgeleenthede ál minder.”

Mnr. Louis Meintjes, voorsitter van TLU SA, sê gegrond op die statistiek wil hulle vir die minister sê welgedaan. Hy sê dit is belangrik vir die land dat dié bedryf, maar ook al die ander bedrywe, goed vaar.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/06/11 03:34:48 PM

N vrou tot ridder geslaan nou verstaan ek baie beter oor baie dinge gewoonlik word allerhande goed toegelaat en snaakse goed gedoen as die skrifaan die muur is om te kyk of daar nie n iutkom kans is nie of ons gee nier meer om nie ek dink dit is al n bietjie laat in Europa.


André

2012/06/12 06:34:49 PM

En ek, ék is plat GESLAAN! Don Quijote was ook tot Ridder geslaan, hy was egter Spaans maar wat maak dit saak. Die anatomie van `n hoeder lewer ook waardevolle produksie en is verwant aan die landbou. Die Franse weet natuurlik van dinge wat vir ons gewone landbouers verborge is en waarskynlik sal bly.


Saaiboer

2012/06/13 10:14:27 PM

Nou wwil jy meer, ek hoop sy trek haar swaard en vlieg onder haar amptenare in om hulle bietjie aan die gang te kry.


piet

2012/06/15 10:27:51 AM

Iemand is kranksinnig


butch

2012/06/15 10:31:36 AM

ek kan eerlikwaar nie sê dat ek werklik ooit in die verlede deur die franse of hulle geskiedenis be-indruk was nie - selfs hulle fantastiese projek concorde het grond toe geval - vra die duitsers of hulle haar tot eerbewys sal slaan


Geert

2012/06/15 11:51:51 AM

Uiteindelik 'n brokkie positiewe nuus vanuit die regering! Die aanmerkings hierbo is almal negatief. Wat makeer julle boere!! Geen wonder sommige SA boere bly maar die drol in die drinkwater.


Johan

2012/06/15 08:47:58 PM

Ai tog hoe op dees aarde kon daar 656 000 werksgeleenthede in landbou in 2 kwartale geskep word, terwyl dit ook baie droog was in baie gebiede. Wat N spul leuens en liegery in die Anc / komuniste en vakbonde se kammaland! Droom voort kamerade!


Ian

2012/06/15 10:43:05 PM

Veels geluk Tina! Hoop jy weet hoe n perd lyk en wat daarmee gedoen word. Niks snaaks aan die toekenning. Het die sosialistiese party nie die verkiesing in Frankryk gewen nie? Vra maar net?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights