Deur SUSAN BOTES
4 Julie 2012

491 keer gelees | 1 kommentaar

’n Nasionale beraad oor grond moet gehou word om vir die volgende 50 tot 100 jaar te beplan, sê mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA.


Dié beplanning moet gedoen word met die inagneming van die behuisings-, infrastruktuur- en voedselbehoeftes van die beraamde bevolkingsgroei.

Voordat dié beraad egter gehou kan word, moet die nasionale grondoudit afgehandel word. Die TLU SA meen 18 maande is genoeg tyd om dié proses af te handel.

‘‘Die Regering het die nodige geld omdat die R40 miljoen wat daarvoor nodig is, slegs ’n druppel in die emmer is vergeleke met die miljarde rande wat aan die Internasionale Monetêre Fonds betaal is."

Van Zyl sê dat alle belanghebbendes op die grondberaad saam moet besluit wat die minimale hoeveelheid grond moet wees wat aan die landbou afgestaan kan word om volhoubare voedselproduksie vir die volgende eeu daar te stel.

‘‘Alle beplanning ten opsig van verstedeliking en infrastruktuur kan daarop gegrond word.’’

Volhoubare en gesonde voedselverbouing
Hy meen dat dié soort beplanning uiteindelik tot volhoubare en gesonde voedselverbouing sal lei. ‘‘Boerdery sal dan erken word as ’n professie – soos die mediese of regsprofessie, waartoe slegs gekwalifiseerde mense toegang sal hê.’’

Van Zyl sê die primêre landbou is een van die hoekstene van ’n gesonde ekonomie. ‘‘Die landbou en sy werksinstrument, grond, moet daarom streng vanuit ’n ekonomiese perspektief beoordeel word.’’


Grondhervorming sal sy natuurlike verloop neem namate meer gekwalifiseerde swart voedselprodusente na vore tree en deur strukture soos die Land Bank gehelp word om hul grond te bekom, sê Van Zyl.

‘‘Enige onnatuurlike proses, soos gedwonge grondhervorming, kan die krisis in voedselvoorsiening vinniger aanhelp, met die gevolg dat mense wat tans op grond aandring, dan waarskynlik nie eens kos sal kan kry nie.’’


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/07/04 09:53:56 AM

Ek het my eie gedagtes rondom grond gebruik en hervorming waarmee baie nie saamstem nie. Wat egter vir my al hoe meer na vore kom is die feit dat dit vir die nuwe geslag ANC lede lankal nie meer gaan oor herverdeling nie. Hulle word in die skole en elke aand op SAUK vertel van die sogenaamde struggle en hulle wil deel word daarvan. Dit het duidelik na vore gekom verlede week dat die jong klomp deel wil word van die struggle deur grond af te vat van die witman. Ons enigste redding is die ouer garde in die ANC wat met hulle koppe dink en nie hulle emosies nie. Hulle gaan egter nie meer lank daar wees nie. WAT DAN ? Miskien moet ons almal besef dat die tyd vir walgooi verby is en dat ons nie meer baie tyd het om grondhervorming te laat slaag voor dinge lelik raak nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights